g.1. Jan Jacob VAN DER WESTHUIZEN, geb. 22/10/1855, ged. 01/12/1856

g.1.  Jan Jacob, geb. 22/10/1855, ged. 01/12/1856, Hopetown, Bo-Karoo, Noordkaap, oorl. 12/09/1932, Bakerville, dist. Lichtenburg x 07/03/1877 Victoria Wes met Hester Susanna Cecilia LUDICK, geb. 06/12/1859, Victoria-Wes, ged. 08/01/1860, Victoria-Wes, oorl. 13/09/1900, Brandkraal, Xhariep, OVS, d.v. Daniel Rudolph Ludick en Anna Catharina Jacobs xx 26/03/1903, Griekwastad met Margaretha Sophia Gesina Maria DE WAAL, geb. 28/03/1880, ged. 09/06/1880, Hopetown, oorl. 17/08/1943, Krugersdorp, d.v. Lucas Petrus de Waal en Gertha Jacoba Aletta Botes.  MSGMDW ook getroud met Petrus Stephanus Venter. 

Jan Jacob was die seun van Nicolaas van der Westhuizen en Maria Magdalena Neethling.

Met Jan Jacob se doop word sy ma as ongehude moeder aangegee.

Met sy huwelik in 1877 word hy beskryf as 'n meerderjarige jongman en veeboer.

In 1902 teken hy 'n beëdigde verklaring wat lui:

Jan Jacob van der Westhuizen of Brandkraal, district of Hay make oath and say
1. that I am the surviving spouse of the late Hester Susannah Cecilia van der Westhuizen (geboren Ludik) to whom I was married in community of property.
2. that there are not any assets in the estate of my said wife and myself for distribution and beyond filing a death notice notting was done in her estate.
Sworn at Griequatown this 24th day of December 1902.
Before me.

Met sy huwelik in 1903 word hy beskryf as 48 jaar oud en van Brandkraal dist Hay terwyl sy as 22 jaar oud en van Vlakfontein, dist. Hay beskryf word.

Uit MSGMDW se sterfkennis woon hulle te Bakerville, dist. Lichtenburg.

Uit sy sterfkennis word sy beroep as diamant delwer en sy woonplek as Bakers, dist. Lichtenburg aangegee.

Ongeveer 20km noord van Lichtenburg op die Zeerust pad is die plaas Uitgevonden 355 JP. Dit was een van die plase waar van die diamant "stormlope" in die 1920's plaasgevind het en waar jare daarna nog diamante gedelf is.  Daar is 'n informele nedersetting - Bakerville - wat ek vermoed dalk die oorspronklike delwersdorp was. Reg langs die grootpad, net na die Elandsputte afdraai, is 'n begrafplaas met nogal baie grafte (seker so 150 in totaal) - meeste waarvan baie verwaarloos is. Daar is heelwat stene wat van leiklip gemaak is wat ongelukkig begin opbreek. Daar is heelwat kindergrafte ook. Weet nie of dit die delwers se begrafplaas was nie.  Daar is by Bakerville ook 'n begrafplaas - wat ek ongelukkig nie kon besoek nie. Name op grafte afgeneem:- 3. Jan J. VAN DER WESTHUIZEN. Oorl. in die ouderdom van 79 jaar. Hierdie is als grafeer. Dan is daar met die hand uitgekrap - 22 Okt 1855. (http://www.sagenealogie.com/archives/2010/okt2010.pdf)