h.1. Pieter Stephanus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 07/07/1883

h.1.  Pieter Stephanus, geb. 07/07/1883, oorl. 26/04/1958 x 16/03/1909, De Rust, Oudtshoorn met Madeline BEHR, geb. 1890.

Pieter Stephanus was die seun van Johan George van der Westhuizen en Gesina Johanna Janse van Rensburg.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1935.

Van der Westhuizen, Pieter Stefanus geb. 7 Jul. 1883, oorl. 27 Apr. 1958 

STANDPLASE Montagu (Hpr.)  1920 Waterford  1922 Steytlerville  1929 Cachet

Ds. Pieter Stefanus van der Westhuizen is op 7 Julie 1883 in die distrik Oudtshoorn gebore. Na voltooiing van sy studies het hy eers onderwys gegee, waarna hy ʼn ruk lank geboer het. In 1913 is hy egter na die Kweekskool waar hy in 1916 gelegitimeer is. Hy het daarna die gemeentes Montagu, Waterford, Steytlerville en Cachet bedien laasgenoemde gemeente vir byna 20 jaar, tot sy aftrede in 1948. Tot die einde van sy lewe het hy vrugbaar gebly in die diens van sy Meester deur preekbeurte waar te neem en ander geestelike werk te verrig. Nederigheid, sagmoedigheid, noukeurigheid en netheid was die besondere kenmerke van sy lewe. Hy is op 27 April 1958 in die ouderdom van 74 jaar oorlede. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuizen-pieter-stafanus/)