Willem was die seun van Johannes Carel van der Westhuizen en Alida van Zyl.
Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1838.
Sy naam kom voor in hulle ouma Johanna van Taak se sterfkennis van 1842.
Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1889.
Die
NG Gemeente Clanwilliam is in 1826 as die eerste gemeente in die noordweste van
die Kaapkolonie gestig. Op 1 Februarie
1808 is op die plaas Jan Disselsvlei ’n onder-drosdy gestig, met Daniel
Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. Met hierdie stap is die hele
gebied wat tans as die Noordweste bekend staan, onder die landdros van Tulbagh
geplaas. Op 1 Januarie 1814 het sir John Cradock aan die gebied die status van
afsonderlike distrik verleen en dit na sy skoonvader, die graaf van
Clanwilliam, genoem. Op 26 September
1826 is Clanwilliam van Tulbagh as ’n afsonderlike gemeente afgestig, met ds.
Thom van Tulbagh as konsulent. Die nuwe gemeente was aanvanklik geweldig
omvangryk en het die hele Namakwaland, Hantam (Calvinia) en Vanrhynsdorp
ingesluit. Die eerste kerkgeboutjie is
in 1830 voltooi en op 26 Februarie 1832 is die eerste herder en leraar, ds.
William Robertson, bevestig. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-clanwilliam/)
Geen kinders.