Gabriel Anthonie was die seun van Gabriel Anthonie van der Westhuizen en Christina Johanna Terblanche.
Met sy huwelik in 1924 is hy 'n 26 jarige jonkman van Beeskraal, Edenurg en sy 'n 19 jarige jongedogter van Edenburg.
Uit Martha Johanna Carolina se sterfkennis word hulle woonplek as Onderverdeling 3, Westley No. 2677, dist. Bloemfontein aangegee.
Met sy huwelik in 1953 word hy as 'n 54 jarige wewenaar en boer en sy as 39 jarige weduwee aangegee.
(https://www.geni.com/people/Johanna-Elizabeth-Van-Der-Westhuizen/6000000027167457924)
Uit Gabriel Anthonie se sterfkennis word sy woonplek as Markstraat 24, Boshof aangegee.
Uit Johanna Elizabeth se sterfkennis word haar woonplek as Huis Goedversorg, Boshoff aangegee.