i.4. Hermanus Adriaan Jacobus NEL, geb. 17/03/1960

i.4.  Hermanus Adriaan Jacobus (Andre), geb. 17/03/1960, Brandvlei x 19/02/1983, Queenstown met Annamarie PHILLIPS, geb.  11/12/1961, Queenstown, oorl. 06/11/2008.

Hermanus Adriaan Jacobus was die seun van  Hermanus Adriaan Jacobus Nel en Anna Gloudina Louw Nel.

Annamarie NEL, nee PHILLIPS  is Vrydag, 6de November 2008, in 'n ongeluk op die grondpad vanaf Kakamas na hul plaas oorlede.  Sy het die kinders gaan haal by die skool vir die naweek.  Op pad huistoe het sy agter 'n groot soutlorrie gery.  Terwyl sy na regs beweeg om uit die stof te kom, het 'n ander soutlorrie van voor af die bakkie teen die deur getref. Sy en 'n Suidwes seun wat die naweek saam gegaan het is opslag oorlede.  Haar oudste dogter, Sune NEL, is vanaand op  "Boer soek 'n vrou" uitgestem by Jurie se gedeelte.  Die 2de dogter studeer op Bloemfontein.  Andre haar man, was ook op Kakamas op skool en hul plaas is so 20 km vanaf my ouers se plaas.  (http://www.sagenealogie.com/archives/2008/nov2008.pdf)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, KENHARDT district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, KENHARDT district, Makkies Plaats 290, Makkiesplaas farm cemetery