g.8.
Frederik Stephanus, geb. 19/07/1866, ged. 11/11/1866, dist. Willowmore, oorl.
30/05/1935 x Susara Elizabeth LANGE, geb. 25/07/1869.
Zeerust W-Tvl, oorl. 17/01/1954.
Frederik Stephanus was die seun van Marthinus Jacobus Nel en Judith Coetzer.
Anglo Boere-oorlog:
Die eerste kamp is te Mafeking opgerig waar daar aanvanklik wel slegs haweloses gevestig is. Uiteindelik was daar 52 kampe waar 27 927 vroue, kinders en mans oorlede is. Haglike omstandighede het in die kampe geheers. Die tente kon nie regtig skuiling teen hitte, koue en reën bied nie. Uitgeteer deur honger kon die liggaam weinig weerstand teen siektes bied. “Honger” was soms die laaste geprewelde woord. Veral masels en maagkoors was baie gevreesd en het talle lewens geëis. (http://www.genza.org.za/index.php/en/nw-quarterly/233-famnea-jaargang-10-uitgawe-1/file)
eGGSA
library Gravestones in South Africa Noordwes : North West North West, ZEERUST,
Urban area North West, ZEERUST, Main cemetery
Anglo Boere-oorlog:
|
Die eerste kamp is te Mafeking opgerig waar daar aanvanklik wel slegs haweloses gevestig is. Uiteindelik was daar 52 kampe waar 27 927 vroue, kinders en mans oorlede is. Haglike omstandighede het in die kampe geheers. Die tente kon nie regtig skuiling teen hitte, koue en reën bied nie. Uitgeteer deur honger kon die liggaam weinig weerstand teen siektes bied. “Honger” was soms die laaste geprewelde woord. Veral masels en maagkoors was baie gevreesd en het talle lewens geëis. (http://www.genza.org.za/index.php/en/nw-quarterly/233-famnea-jaargang-10-uitgawe-1/file)
In wat sover bekend die eerste verwysing na 'n
ooikamp" is, word in 'n dagboek van 'n Boervrou, Susarah Nel, wat van
Julie 1901 tot Augustus 1902 in die konsentrasiekamp in Mafeking was, beskryf
hoe vroue wat moed opgegee het", daarheen verskuif is. Sy verwys ook in
die dagboek, waar sy die verskriklike lyding van die vroue en kinders beskryf,
na dit kampe as moordkampe" - 'n term wat eers meer as 40 jaar later vir
die Nazi-kampe gebruik sou word waarin miljoene Jode dood is.
Dr John Bottomley van die Universiteit van
Noordwes het haar dagboek op die konferensie voorgehou as dié van 'n kragtige
vrou" wat as 'n kaleidoskoop vir gebeure in die oorlog dien. Die dagboek is deur me Karla Luijks, 'n
taalkundige van die Universiteit van Kaapstad, in die Lichtenburg-museum
ontdek".
Susarah Nel beskryf hoe sy haar sewe kinders
in die kamp aan die lewe probeer hou het deur plantwortels en die vleis van
muile te eet. In Oktober 1901 het die grootste lyding voorgekom met kinders wat
aan skarlakenkoors, masels en koors siek geword het. Tot 21 mense is per dag
dood.
Haar suster se kind se mond het swart geword
van medisyne wat 'n dokter voorgeskryf het". 'n Ander dokter het die kind
ondersoek, gevra watter medisyne sy gebruik en net by God!" gesê en die
medisyne weggegooi. . . . zoo is meer as een van ons ou kenderkies dood".
In 'n stadium moes hulle vleis weggooi onmiddellik nadat dit aan hulle gegee
is. Hulle het gaan kla, en is van boeliebief voorsien wat hulle nog minder kon
eet omdat dit vol hare en ander gemors was".
Sy skryf dan oor die ooikamp: daar was en paar
van ons boere vrouwens en meisies wat moet op gegee het hulle is toe af gekamp
en een klijn kampie die kampie was genoem die ooi kampie ons ander vrouwens was
baie hard seer daaroor. Bottomley het
gesê dit lyk of die vroue self besluit het om dié wat nie meer soos mense
opgetree het nie" te verskuif. (https://www.news24.com/xArchive/Archive/Ooikampe-vir-stres-slagoffers-20010212)
Dagboek van Susaraha Nel
Mafeking Konsentrasiekamp 1901-1902
Wat ik Sùsarha Eliesabetha deùr-gemaak [het] en ons laaste oorlog van 1899 - tot 1902.
det was en die nag van die 4 Jùlÿ 1901 ons was nog gerùs. toe mÿ hùis
van die vÿhand om sengel word mÿ man was siek en mÿ baba was [2] dagen oùd ik
zal die nag nooit vergeet hoe helle mÿ hùis gestorm het bÿ deùre en vensters
gechree en gestamp det was en vreeslÿke schrek ik spreng op en woù vlùg maar mÿ
man praat toe en se gee alles aan die hand van ons liewe heer ik is gevang god
zal ons help toe vat helle hom mÿ een meisekend wat die jongste was het haar
vader vas gekloùw maar hùlle het haar afgerùk en die hùis gestoot en toe is
helle met hom vort zoo ziek is wat hÿ was mÿ man se jongste zùster was gelùkkeg
bÿ mÿ anders weet ik nie wat het van mÿ en kenders geword maar zÿ het mÿ
getroos en mooi gepraat daar haar man al reeds heele tÿdgevang was
die ander dag more het van die hensappers gekom en gese helle zal ons
kom oplaai is helle trùg kom toe se ik nee ik gaan nie gaan met jelle nie helle
se toe ons het joù man gevang en noù moet jÿ ook saam gaan toe het helle mÿ
hùis deùr gesnùifvel en al wat helle kon vat het hùlle gevat ons goed wat ons
begrawe het die het helle alles ùit gehaal zoo het ons bÿna niks oor oor gehoù
nie toe helle laar vertrek en die mans wat helle gevang het wat mÿ ziek man een
van was helle aangejaag tot waar mÿ man blÿ lee het toe het helle hom schop gegee
en hom voor die dokter breng en is hÿ nie ziek is nie zal hÿ gestraf word toe
is hÿ op en kaal wa gelaai hÿ was zoo ziek dat hÿ nie geweet het waar hÿ was
nie
4 dag het helle weer bÿ ons gekom kamp toe kom se hùlle ons aan ons moet
klaar maak om vort te gaan toe se helle ver mÿ jÿ moet noù opstaan ons vat
jelle om vir jelle te zorg ik zal nie opstaan, ik is nie gewoond om op te staan
is mÿ kinders 8 dagen oùd is nie maar is helle 10 dagen oùd is helle se toe
helle kan nie help ik moet opstaan toe see ik, ik sal nie op staan en ik wel
ook nie met jelle zaam gaan nie helle se toe ver mÿ ons het al jelle mans
gevang jÿ zal van honger dood helle denk ik is zoo dom om dit te glo toe loop
helle
toe kom weer en ander paar dit was boere een was en ander soort wat hÿ
was weet ik nie toe se helle weer ver mÿ jÿ moet opstaan die wa kom om joù op
te laai ik se dit is ver niet ik zal nie opstaan is jelle mÿ vat moet jelle mÿ
als en spresenier vat en dan blÿ jelle aan spreeklek wat oor mÿ en mÿ kend kom
toe loop helle weer toe het mÿ schoon zùster weer mooi met mÿ gepraat ons moet
maar gaan ons is en die hande
toe kom weer 3 een het en rooi krùis om zÿ lenker arm gehad of dit en
dokter was weet ik nie maar hÿ het mÿ pols gevat en na mÿ baba gekÿk maar neks
gese en toe het helle geloop maar al die tÿd het ons met trane deùr gebreng ik
en mÿ schoonzùster en kenders was zoo bang ik kan nie se hoe was det noù toe
kom die wa det het meer na en erdwùrm gelÿk voor en agter was 2 jùkke schùin
teen mekaar gebend en die meddel met een toùw wat gedien het ver nok
toe kom 6 stùks zùlke brùines helle se toe ver mÿ helle kom ons noù op
laai ik moet noù opstaan hier is die wa voor die deùr ik se ver helle is jelle
mÿ vat moet jelle mÿ als en presenier vat toe se helle baai god toe vat helle
mÿ met helle 6 stùks toe helle bÿ die deùr ùit gaan toe mek die een af hÿ woù
val toe se ik jelle moet mÿ laat val bars jelle toe schùif helle mÿ mooi en die
atalege afvere mÿ schoon zùster het toe geraap en geschraap wat ons nog oor
gehoù het en op gelaai toe was die zon onder met en geween het ons vertrek dit
was al laat toe ons en die kamp gekom het ja toe het ons bittere lÿden mÿ
tweede jongste kind was en baja ziekleke kind gewees
toe is helle met ons die nag deùr Zeerùst toe daar het hùlle weer gekamp
toe het mÿ zùster gaan zoek na mÿ man maar zÿ kon niks van hom hoor helle se
toe hÿ is met die amelaans ùit mafiekiens toe dit word toe die more vroeg
engespan en zoo moes ons vort gaan tot laat agter meddag toe was ons baja
honger ons kinderkies hùil van honger en vra en biekie melk dan hùil ons zaam
mÿ arme ziek kend hùil en vra en biekie melk dan hùil ek zaam met hom want ik
het nie om te gee nie ver hom die ander groot kenders vat die bùschùits dan zet
helle dit en die water dan word det glad zoos seep dan stomp helle dit om te
eet dan word dit weer engespan zoo rÿ helle die os wat nie meer kan nie word
die strop afgesnÿ en dan rÿ helle zommer oor o dit was ver mÿ vreeslek om te
zien hoe die wans oor die diere gaan en dood getrap
ik zal nooit vergeet een aù moeder n dogter zwanepoel helle was agter
aan mj wa vas gemaak die nag voor ons ap die staan plek gekom het is haar
dogter se baba o die vreeslÿke koùwe nag zal ik nooit vergeet haar schùileng
was 3 jùkke teen mekaar gebend en een kakie kombeers en klÿn stùkkie sÿl daar
oor jelle kan zelf denk hoe was dit ver die arme moeder om haar kend zoo te
zien die anderdag more gaan
meddag gaan ons deùr die kaffer stad anderkant mafieking toe word ons
toe gejùig deùr 2 rÿje kaffers en meide helle schree ùit kÿk die maboere kÿk
die babe jane ag dit was ver ons better dit was laat en die nag toe kom ons
eers op die kaale zand bùld pertÿ mense word toe zommer datlek afgelaai onder
die bloote hemel o det was die nag een nag van smarte die more kom die où
moeder zwanepoel met trane bÿ ons en vra en biek ie koffie ver haar die arme
moeder wat nog geen nat op droog oor haar leppe gehad het nie toe het ons haar
en biekie koffie gegee want mÿ zùster hanie vevier het die nag van haar wa en
helle paar stùkke hoùd af gezaag en gekap want zÿ het nog van haar man een zaag
en bÿl oorgehoù zoo het zÿ ver ons ge zorg ver vùùr maak goed dit was haar
eigen wa zÿ het hom zoo gebreek dat hÿ nie een tree kon loop anders was zÿ ook
onder die blote hemel die en more kom en mens bezwÿk
hier lee en klompie en daar lee en klompie die kombeerse wat oor helle
was die was hard van die rÿp toe die zon op helle schÿn toen tap die water ùit
pertÿ se klere was zoo nat van die rÿp maar helle moes maar zoo droog word ons
het 8 dagen zoo op die kale vlakte geblÿ eer ons tente gekrÿ het toe word ons
met trollies aan gerÿ elk een krÿ en ronde tent toe het ons bettere lÿden begen
van better geen hoùd om en vùùrtie te maak o ik zal dit nooit vergeet hoe ik
moes zùkkel om ver mÿ ziek kend en biekie kos gaan te maak graswortels en esel
of mùil mes en moes ik bÿ mekaar maak om en vùùrkie te krÿ om o dan rook dit
zoo ik moet blÿ blaas is die kosies wat van biekie meel en water gemaak is o
dan is ik dek gehùil en die aù ziek kendkie aan die slaap met die où honger
magie ja die better kelk zal ik nooit vergeet
[toe] begen die ziektes en die octobermaand ja en maand van smarte toe
word ons kinder almal ziek masels en scherlaken koors los tande dùitse masels
ik weet ook nie watter soorte ziektes almal daar geheers het nie maar dit was
en schaùspel om al die dooies te zien tot 21 lÿke op en dag die kos wat ons
gekrÿ het kon ons nie van leef ons krÿ toe elk en kaarkie om kos te ontvang mÿ
oùdste zeùn was maar 14 jaar aùd en moes altÿd ons ressens gaan haal. zoo het
helle dit genoemm daar bÿ die ressens hùis was dit en vreeslÿk schaùspel om aan
te zien deùr een venster moes almal helle kos krÿ helle drùk mekaar zoo dat
pertÿ wat te zwak is daar neer slaan dan moet helle die help of hÿ is dood want
die honger dreng zoo die een kan nie ver die onder pad gee
zoo het dit dag aan dag gegaan die hoùd wat ons gekrÿ het was nat kameel
stompe ons moes dit op ons koppe dra joù nek is bÿna af is jÿ met die stomp bÿ
joù tent kom mÿ tent was op die bo ent No. A 8 dit was zÿ nommer met al wat jÿ
het toe word die ziekte al erger en veel sterf gevalle en die nag is ik zoo na
mÿ klompie kinders kÿk want ik het 7 gehad almal is ziek o dan weet ik nie wat
om te doen en die donkere nag dan steek ik mÿ kop bÿ mÿ tent deùr ùit o dan kan
ik bezwÿk van al die gekerm en gehùil van moeders wat met en sterwende beseg is
dan vra ik aan mÿ schoonzùster hanie opperman en aan mÿ zùster henie vevier
leef jelle kenders nog almal want ons kon nie die een die ander help nie ons
kenders word beter maar noù die groot gevaar van die honger kon helle nie staan
nie want die kos wat ons krÿ kon ons wat gezond is nie nie eet nie
toe is eers mÿ kend van 3 jaar dood en mÿ zùster s en het ùit geteer van
die honger hÿ word weer ziekker toe kom die dokter hÿ gee en brief mÿ zùster
stùùr datlek ver medisÿne toe die medesÿne daar kom gee zÿ det en op die plek
ogenblek is die kend se mond pek swart zÿ laat roep goù die dokter en net toe
hÿ en kom vra hÿ wat het zÿ die kend gegee zÿ wÿs hom die medesÿne net toe hÿ
dit oop maak se hÿ baai god en goei dit ùit en op die plek is die kend soos ik
se nie dit is gek wat die kend en gekrÿ het nie maar die dokter was verchrek
dit was nie die zelfde een wat die medesÿne gegee het nie zoo is meer is een
van ons où kenders[kies] dood
toe is weer mÿ jongste kend van 5 maande dood en toe weer mÿ zùster se
jongste ik zal nooit vergeet hoe het dit en die hospetaal gegaan 3 van mÿ
kenders was ook en die hospetaal die jongste een was toe 6 jaar is ik hom wel
zien moet ik mooi praat en is ik n rùkkie bÿ hom sit dan jaag helle mÿ weg ik
moet noù loop o dan soebad hÿ ik moet tog nog en rùkkie blÿ ag dan breek mÿ
hard met bettere trane verlaat ik die hospetaal dan gaan ik na die ander 2
eerste wat ik moet hoor ag ik het tog zoo honger
o leser denk hoe voel die moeder hard zoo het dit van dag tot dag gegaan
toe helle beter word het ik en mÿ zùster baja kossies ver hùlle gesteel en ver
helle en die nag gaan gee mÿ zùster was kok later ver die school meesters toe
kon zÿ altÿd kossies breng om ver helle te gaan gee van haar was 4 en die
hospetaal gelee ons vat klÿn medesÿne vlessies 10 tot 12 dan maak ons dit vol
van die sap wat zÿ breng dan steek zÿ dit en haar bors dan hang zÿ en groot
mantel om dan gaan zÿ en die nag ver hùlle gee en zoo het ons helle weer almal
trùg gekrÿ ons kinders en ons zelf het begen kaal voet word toe gaan ons klere
vra dan jaag helle ons weg [helle het beloof om ver ons alles te gee]
ons eigen boere meisies het ons baja sleg behandel is die engelse meisies
dit was ver mÿ die betterste ons moet saans ons kinder kaal ùit trek en onder
die kombeerse laat lee dan moet ons helle klere schoon maak van die lang steert
lùise wat ons van die kakies ge-erwe het want pertÿ kinders het nie klere om en
die dag aan te trek ik het toe begen hekel werk doen ver die school meisies
helle het mÿ toe goed betaal zoo kon ik toe ver ons en stùkkie klere koop toe
breng helle mÿ où oom hans vanderberg ùit Lùchtenbùrg ook en die plek waar ons
was toe was ons biekie verlos hÿ het en koei en een kalf gehad toe krÿ ons
altÿd en biekie melk die kalf kon en een tùig trek hÿ het en blokwiel waankie
gehad waar helle die kalf voor span toe rÿ helle altÿd ver ons die kameel
stompe aan dit was ver ons en verlossen van die hoùd dra mÿ oom het ook en
groot hond gehad die was ook geleer om en een tùig te trek en kassie met 2
wiele was die hond se wa dan dan span helle die hond en dan draf die hond heen
en weer en zoo het helle ons kos ver ons aan gerÿ of ressens zoo helle dit
genoem
het toe die afsiere dit zien gebied helle mÿ où oom om die koei ùit die
kamp te rùim ons het eintlek gehùil want toe moes ons maar lÿ onder die kameel
stompe die vlÿs wat ons toe gekrÿ het, het zoo gestenk ik weet zelf nie waar na
nie maar ons kon det nie gebrùik nie ons het dit weggegooi toe ons daar oor
gaan klaag toe gee helle ver ons die boelie bief daar het noù daar het noù
enege gemors ùit gekom weer hakke bondels kaffers hare is jÿ zien wat alles
daar ùit kom kon en mens dit nooit eet nie mÿ zùster het met en klomp van die
vlÿs blekke gevat en gaan klaag toe helle nog woù praat het zÿ helle onder die
blekke gesteek helle moes net vlùg en zoo het ons maar baja honger gelÿ die
koffie wat ons gekrÿ het was gebrande aktierpette is jÿ en stùkke brood daar en
set dan is dit zwart na eister daar was
en annie jacobs zÿ het zoo en smaak gesmeek ver en biekie melk voor haar
dood ons het baja moeite gedaan veren biekie melk maar helaas toe die biekie
melk daar was kon zÿ dit nie en slik nie en zoo met die woord van honger is zÿ
dood want die kos wat ons gekrÿ het kon en ziek mens nie eet nie ik gaan na die
hek om na mÿ kenderkies se graffies te kÿk toe ik bÿ die hek kom vra die wagter
waar is joù pas toe se ek maar en kaffer dra mos en pas nie en mens nie hÿ se
noù ja ik kan nie die hek oop maak is jÿ nie en pas het nie dit was bitter om
nie eers na die graffies van joù dooÿa kan gaan ik moes maar om draai en mÿ
naam gaan opgee om en maand pas te krÿ om na die graffe te gaan en een week pas
is ik wel dorp toe gaan elke week moet helle die paste zien
o dit zal ik nooit vergeet ik het vedag nog die een pas wat ik moes dra
elke maant gee helle en maand pas en elke week en week pas is daar een is wat
dit nie wel glo nie kon helle kom kÿk dit is en mÿ hùis bÿbel leser denk zelf
hoe het ik gevoel toe die 2 paste aan mÿ gegee word al is ik ook al dood dan
kan mÿ kenders det wÿs want helle moet dit bere ver gedagte nes van ons lÿden
en die moort kampe want ons mense wat rond gevlÿg het die het ons almal weer
kom krÿ en pertÿ van ons wat en die moort kampe gewees het die het ledeg tùig
gekom hendrik goùs se heele famielje het ùit gesterf een dogter martha het oor
geblÿ ons het bitter gelÿ maar ons was maar altÿd tevrede en gereken ons zal
weer ons land trùg krÿ maar god het ons gestraf om dat ons volk verdeel was
want gods woord zeg ùit drùklek een hùis wat tegen zeg zelf verdeel is zal
verwoes word
zoo het dit met ons gegaan toe die ziektes zoo erg was toe kom helle ons
tente poeier ons praat mooi moet tog nie zoo erg goei nie o maar dan goei helle
eers almal boere wat met ons zoo gewerk het die hendsoppers helle was die kamps
honde bÿ ons gereken enkelle een was ver ons goed en jammer gewees ons ziek
kenders kon nie die reùk ùit hoù nie want dit het en nare reùk en more het helle
weer kom poeier toe mÿ zùster weer mooi praat se die meneer wat die baas oor
die kaffers was op kaffertaal noù moet jelle eers baja goei mÿ zùster was zoo
kwaad zÿ loop die meneer storm en gee hom en vùis en die rebbe dat hÿ been en
die lùg lee zÿ gee hom nog en paar vùiste voor hÿ kon weg spreng en ons het hom
nooit weer gezien nie die kaffers het die kanne gef gegrÿp en die loop geneem
dit was ook laaste poeier bÿ ons tente daar was een où oom graaf en dierbare où
man hÿ het gelÿ aan rooserege beene die poeir het zÿ beene zoo ver brand hÿ is
na die hospetaal en dood van die beene die où vroùw het gesmeek helle moet tog
nie zoo erg goei die gas van die poeir het die beene getref toe krÿ hÿ bloed
vergef en toe is die dierbare où man dood dit was ver ons en groot slag want
die oom het groot medelÿden met ons gehad o zoo het ek 13 maande lang geleef en
die moord kamp
een dag lag ons met mekaar die ander dag is dit weer net trane ik was 15
dage en die kamp toe hoor ik mÿ man lee op mafiekien en die hospetaal ik moes
die aand mÿ naam gaan op gee ver en pas om te gaan kÿk want zonder en pas is
dit hoope loos jÿ mag nergens gaan zonder en pas helle vang joù en dan moet jÿ
voor kom en word jÿ gewaarschù ver die eerste mal ik moes baja mooi praat want
dit was bùitens tÿd helle het zekere ùùre gehad wat jÿ helle kon zien maar tog
met mooi poraat neem hÿ mÿ naam die ander dag more 8 ùùr kon ik die pas krÿ noù
ja ik is onbekend toe ontmoet ik een où oom diewenaar ik vra hom of hÿ mÿ kan
help want ik is toe taal onbekend ik moes hom 2-6 betaal om mÿ weg te breng om
na mÿ man te gaan zoek hÿ ken al die plekke ons toe gerÿ met en kar en perde
toe moes ik eers gaan tot bokant die mark daar was helle affies (office)
toe gee ik mÿ pas toe het helle al helle boeke deùr gezoek helle se die man is
gevang maar helle weet nie waar hÿ is nie helle denk hÿ is weg zaam met die
ander presenier ik se toe ver helle die man was ziek toe helle hom gevang het
toe se helle o dan lee hÿ seker nog en die hospetaal toe gee helle mÿ nog en pas
toe het ik 2 paste om mÿ man te gaan zoek ons het baja bÿ al die hospetale
gezoek toe se die où man ons moet noù na die melletere hospetaal toe kom ons
daar ik gee toe mÿ paste ver de een wat daar bÿ die tent staan toe loop die où
oom zaam want hÿ goed kon verstaan wat helle se hÿ hoor toe helle se ja agter
die paste ver die dokter gegee die man is hier helle zal eers gaan kÿk is hÿ
zoo gezond genog is kan ik hom zien
toe loop helle en ent tùssen die hùise en tente toe kom een weer met die
paste trùg agter die dokter dit geteken het toe se een ik kan maar agter hom
aan kom toe vat die où ook mÿ kend en ons drie stap toe agter mekaar aan tot bÿ
en lang hùis daar was 10 of 14 gewondes kakies en al mal lee en die bed ik het
vreeslÿk geschrek toe ik daar en kom dit was of mÿ bene woù voù onder mÿ maar
toe se die où oom ver mÿ jÿ moet joù hard sterk maak helle zal joù zommer weg
jaag voor jÿ bÿ joù man kom
ik het gekom tot en die derde deùr toe moes ik teen die kozÿn van die
deùr leùn want toe kÿk ik op mÿ man wat daar zoos en lÿk voor mÿ lee ik zien zÿ
gemoet verlaat hom en god gee mÿ die krag dat ik hom kon troos en hom groet net
5 menùte toe moes ik loop o leser denk aan jelle zelf toe se die een wat bÿ ons
is ik kan elke dag om 2 ùùr mÿ man kom zien dit zal hom goed doen toe gee helle
mÿ kamp pas ver mÿ die een het die dokter gehoù maar elk mal is ik gaan moet ik
en ander pas gaan krÿ bÿ en die dorp affies ik kon nie elke dag gaan want dit
was ver om te loop toe het ik al om die ander dag gegaan want die zwaarste wat
ek moes doen om eers met die kamp pas te gaan tot bÿ die affies en daar moes ik
nog en pas krÿ om mÿ man te gaan zien en die hospetaal waar hÿ was
een dag kom ik weer daar toe se helle ver mÿ joù man is nie meer hier
nie hÿ is en die tronk toe gaan ek met en bitter seer hard trùg om te denk hÿ
is en die tronk helle moes [hom] -later) bÿ tronk toe zoo zwak was hÿ nog &
die derde dag gaan ik weer toe moes ik en pas krÿ tronk toe ik kom bÿ die wag
hÿ vra mÿ wat zoek jÿ ik gee hom mÿ pas hÿ se ik kon maar loop toe ik voor die
tronk deùr kom toe was daar zoo en zwart soeloe kaffer hÿ vra mÿ wat zoek ik ik
gee hom mÿ 2 paste ik het vreeslek geschrek toe moes ik agter hom aan loop denk
zelf ik en marta goùs en meisie van 15 jaar wat altÿd met mÿ zaam gegaan het hÿ
breng ons agter en n kammer met die où kaffer is daar aleen te zien o vriende
akeleg jÿ zien net die blink boeie teen die mùre toe was ons en die derde toe
was ons en die derde kamer agter makaar wat ons moes agter die soeloe aan ik en
meisie goùs bÿ mÿ gehad toe moes ons name daar teken ons was zoo bang ik het
gebeef toe se die où kaffer moenie bang wees toe kom ons trùg toe se die où
kaffer zit noù hier en die kamer ik zal die baas gaan roep
o vriende en die tronk akeleg om joù dierbare en die tronk te ontmoet en
hoe akeleg hÿ daar ùit zien toe kon ons zoo en half ùùr daar bÿ hom zet toe se
die où soeloe ons moet noù maar gaan toe loop ons die où loop toe en enttie met
ons zaam hÿ loop toe zoo na aan mÿ ik kan nie se hoe bang het ik gevoel die où
schepsels kon zeker mÿ hart hoor klop hÿ se ver mÿ moenie bang wees ik wel net
ver joù se jÿ kon ver joù man en stùkkie kos breng en klere want die tronk is
zoo vol lùise dan kan hÿ hom schoon maak hÿ se ver mÿ die preseniers krÿ slegte
kos helle kan nie daar van leef toe se ek dankie en die zwarte kaffer draai o
maar ons was te blÿ toe hÿ om draai toe ik bÿ mÿ tent kom wes ik nie wat om te
doen toe toe gaan ik na où sannie kraaf en ons maak toe zaam wat ons het en
maak toe en biekie brood gaar ik het nog paar stùkke klere gehad wat die kakies
nie en hande gekrÿ het nie toe gaan ik maar ver hom die kos en klere weg breng
daar waar hÿ en die akeleg tronk set ùit geteer van honger ja maar ik moes mÿ
bÿna dood loop om al die paste bÿ mekaar te krÿ is ik mÿ man wel gaan zien toe
ik weer bÿ hom kom se hÿ ver mÿ où piet foùrie was hier bÿ hom en gese hÿ moet
en zweer dan kan hÿ na die kamp toe gaan bÿ zÿ vroùw en kender toe se ik ver
hom nee ik wel nie dat jÿ en die kamp wees nie toe se ik ver mÿ man die boere
wat en die kamp is helle is niks meer is honde en is hÿ ùit kom kamp toe dan
loop ik weg transvaal toe want ik zien elke dag hoe gaan dit met die hensoppers
toe se hÿ ver mÿ god het hom tot hier toe gelÿ en hÿ zal verder met hom gaan
helle kan hom maar lievers weg stùùr
zoo het helle hom 28 dagen en die akelege tronk gehoù toe stùùr helle
hom weg tot op groenpùnt en van daar endiea bombaai waar hÿ 14 maande enege
dagen geblÿ het toe ik die dag die tÿden krÿ laat hÿ weg is. dit was ver mÿ
bitter die dag kon ik nie eet of drenk maar die liewe heer het mÿ krag gegee en
zoo het god ons weer gespaar om mekaar met lewe en gezondheid zaam te kan leef
ik het al die tÿd zaam met mÿ zùster en schoonzùster zaam gewees want ons was
verbent aan mekaar want ons het bittere dagen en nagten deùrgemaak helle mans
was ook weggestùùr en die liewe heer het ons gespaar om weer mekaar te ontmoet
na al die bitter wat ons deùr gemaak het daar was en paar van ons boere
vroùwens en meisies wat moet op gegee het helle is toe af gekamp en een klÿn
kampie die kampie was genoem die ooi kampie ons ander vroùwens was baja hard
seer daar an en ander paar vroùwens het weg geloop ùit die kamp waar helle
velleg bÿ die boere ùit gekom het ons het bitter deùr dagen en nagten deùr
gemaak maar ons was maar al tÿd tevrede en op en verwagten geleef dat ons weer
ons land zal trùg krÿ maar helaas dit was hoope loos deùr al die weder
spanegheid van ons volk en ontroùwheid het ons ons land moes af gee ons ik denk
ons het goed en bloed op geofer en was dit hoope loos
wat ik hier schrÿf is nie stories nie toe die vrede tÿdeng en die kamp
kom en ons moes hoor ons mense het wapen afgele en ons het ons land verloor o
det was te vreeslek dit was en geween van groot en klÿn ons kon dit nie gloo
nie maar ons moes dit maar glo toe woù ik nie langer en die kamp blÿ nie mÿ
zwaar loùw pretoriùs het mÿ toe laat haal van mÿ broer en agùstes het ik toe
eers weer bÿ mÿ mense gekom ik het nie weer na die zelfde plek gegaan waar
helle mÿ gevang het nie ons het 4 dagen op pad geblÿ van mafiekien af tot op
zeerùst toe was ik nog 7 mÿl waar ik moes heen op zeerùst het ik mÿ où moeder
en mÿ een zùster ontmoet helle het al die tÿd wat ons en die moort kamp was en
die bergen en klowe rond gevlùg maar helle was nog almal nie een het mekeer ons
où kinderkies was die slagoffers van die moort kamp dit was en blÿd schap die
ontmoeten ons het die nag 12 ùùr gaan slaap want ik moes toe alles vertel wat
met ons aan gegaan het
en voor lees die anderdag het ik toe na kalkdam toe gegaan waar mÿ zwaar
mÿ en klÿn hùisie gegee het om en te blÿ tot mÿ man een dag trùg kom toe hoor
ik ons het nog 1 veers en 2 esels en 5 schape wat die où oom japie v d merwe
mee rond gevlùg het want ons het bÿ die où oom geblÿ
toe ons die meddag op die plaas bÿ mÿ zùster kom was die heele plaas in
rep en roer van blÿdschap almal het gekom en mÿ kom groet en ik moes weer alles
vertel en voor lees zoo het dit en heel week gegaan toe où karel zwaan mÿ ook
kom groet want ik was die verlore zeùn hÿ se ver mÿ joù où hand is nog bÿ joù
hùis dit was ver mÿ ongelooflek toe stùùr 13 maande lank toe stùùr ik mÿ
kinders om die goed te gaan haal toe krÿ helle die où hond op die stoep van mÿ
hùis zoo vet is en vark maar dit was en ontmoeten en toe helle bÿ mÿ met die hond
kom was dit en naarheid al wat daar was het zaam met die où hondgehùil hÿ kon
nie op hoe met blaf en te keere gaan toe se die man zoo veel mal is hÿ daar bÿ
die verlate hùis kom leg die où hond op die stoep ja vriende die où hond was
baja meer getroùwer is baja van ons mense want toe die où hond ons lamal deùr
geloop het toe was dit of hÿ na zÿ baas ook zoek en toe moes ik maar zoo aan
zùkkel ver en lewe een où man gee mÿ toe die koren rÿp was en stùkkie koren wat
te kort was om af te snÿ toe het ek en mÿ 2 zeùns dit ùit getrek toe het mÿ
zwaar dit ver mÿ laat dors ik krÿ twee en half zak toe se ik dankie want toe is
ik weer rÿk ik het toe al baja tùin gemaak toe het mÿ kenders nie meer honger
gelÿ nie want helle het baja aande op en biekie melk moes gaan slaap ja vriende
en ware moeder voel dit betterlek om te denk mÿ kend is honger ik het 19 maande
en 17 dagen zoo geleef zonder en zorg dit het ik hier geschrÿf ver mÿ kenders
en vriende wat niks weet hoe die engels man met ons gewerk ver aandenken ver mÿ
na geslag
Sùsarah Eliesabetha Nel
gebore Lange, g b 25 Jùlÿ 1869
(https://www.wendag.com/forum/showthread.php/529-Dagboek-van-Susaraha-Nel)