Willem Adriaan was die seun van Willem Adriaan Nel en Adriana Susanna Bredenhahn.
Foto: Tinus Nel
Hierdie huis staan op die plaas Kloof, Hay distrik, Niekerkshoop. WA
Nell en sy vrou Johanna Susara Adriana Briedenhann het hier gewoon. 'n Totaal
van 4 geslagte Nels het hier gewoon. O.a. George Phillip Nell getroud met Pieta
Johanna Badenhorst en Willem Adriaan Nell getroud met Maria Jacoba Magdalena
Myburg en hul kinders. Hierdie was 'n twee vertrek huis. Die kerkhof waar baie van die Nels
(wat daar geboer het) begrawe is, is ook op dieselfde plaas. (Jemona Bonthuys
Nel)