Adam was die seun van Coenraad Frederik Nel en Gerbrecht Elizabeth Boshoff.
Adam Nel het sy skoolopleiding op Jeppe, Johannesburg, ontvang.
Nadat hy skool verlaat, word hy skrynwerker en werk saam met sy vader. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Adam geinterneer en aangehou
in die interneringskamp wat ingerig is in die wonings van die
departement van Volkswelsyn op Ganspan, 8 km suidwes van Jan Kempdorp en 15 km
noordwes van Warrenton, in die Vaalharts-besproeiingskema. Hier is 180
Afrikaners, wat hulle teen die Smuts-regering se deelname aan die oorlog verset het, aangehou. 'n Groepie van nege geinterneerdes het
besluit om te ontsnap. Hulle was Danie Hay, Kalie Rademeyer, Andries Stulting,
Kowie Marais, Adam Nel, Hennie Kriek, Piet Heslinga, Jan Strydom en Johan Stoltz.
Hulle het die vloerplanke van die musiekhuis losgemaak en onder die vloer 'n
tonnel na die grensdraad begin grawe. In die daaropvolgende ses maande het die
mans onverpoos gewerk. Danie Hay en Kalie Rademeyer was twee myners en hulle
het die grawery gedoen. Met 'n meelskoppie, wat Adam Nel in die kombuis
`geleen' het, is getonnel. Die grond is in 'n klein houtkissie gegooi, met toue
aan weerskante vasgemaak. Sodra die kissie vol is, het die grawers aan die tou
gepluk en dan het die by die ingang van die tonnel, in die musiekkamer, die
kissie uitgetrek en die grond onder die plankvloer van die huis uitgegooi.
Sodra daar weer aan die tou gepluk is, is die kissie teruggetrek en die
volgende vrag grond ingeskep. 'n Voetbal is elke keer vol lug gepomp en bo-op
die kissie gesit om lug en suurstof aan die grawers te voorsien. Die geinterneerdes is daagliks om 08:00 uur en 16:00 uur getel en
dan moes die tonnelgrawers buite wees — skoon en sonder stof of grond. Hierdie
grawery was so goed beplan dat niemand in die kamp daarvan geweet het nie.
Slegs Danie du Toit en Apies Spies, wat die klavierspeler was, het van die
ontsnapping geweet en was later daarmee behulpsaam. Saterdag 11 Oktober 1941 was die tonnel van
57 meter gereed. Om 16:30 uur is Danie Hay die eerste in - hy was die stut wat
die ander by die tonnel se uitgang gehelp het - en daarna het die ander met 15
minute tussenpose gevolg. Danie du Toit en Apies Spies se aandeel in die briljante plan was om op die klavier in die musiekkamer te speel as dit veilig
was om anderkant uit te klim. Sou die klavier stil word het die manne geweet
dat daar wagte buite rond stap en dat hulle dan moes wag. Teen 23:00 uur was almal buite en moes nog
sowat 200 meter na 'n tweede grensdraad kruip, 'n gat onderdeur die draad grawe
en dan uitgeglip. Buite het hulle die motor, wat hulle sou oplaai, misgeloop en
was verplig om die nag na Warrenton te stap waar hulle die volgende oggend opgepik en na veiligheid geneem is. Die Vaalharts Museumkomitee, onder leiding
van Jan van Heerden en Johan de Witt, het die
moontlikheid van 'n tonnelmuseum ingesien. Hulle het 'n sloot gegrawe en op die tonnel afgekom en
besluit om die tonnel te restoureer sodat dit vir die nageslag bewaar word. Die
tonnel is op 11 Oktober 1985 — 44 jaar na die ontsnapping — deur regter Jan
Strydom, een van die ontsnaptes, onthul. Hennie Kriek, een van die ontsnaptes,
het die onthulling bygewoon. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Adam Nel is na sy ontsnapping na oom Gert Nel
se plaas Witbank, naby Breyten, waar hy vir twee maande gebly het. Daarna is hy
na die plaas Kromelenboog, naby Ohrigstad. Een Sondaginiddag het die polisie
opgedaag, maar voordat hulle hom kon gewaar vlug hy die berge in. Hulle het
egter onraad gemerk en die nag daar geslaap. Die volgende oggend is die motor
weg en Adam stap terug huis toe, maar loop hom in 'n vreemde man vas wat
homself as 'n speurder voorstel. Adam het homself as Koos Theunissen voorgestel. Terwyl Adam gaan ontklee het, het die speurder hom beveel om nie
die huis te verlaat nie. Terwyl die speurder op die stoep gaan sit het, het
Adam sy twee dagboeke geneem, sy kans afgewag en is weer die berge in. Teen
eenuur het hy teruggekeer en twee vreemde voertuie voor die huis sien staan. Hy
het omgedraai en in die rigting van Burgersfort begin stap. Teen die aand het hy
by 'n Neethling uitgekom, wat hom goedgesind was en wie horn na Lydenburg
geneem het. Die volgende dag, Dinsdag, is Adam na Roossenekal, waar hy by
mense vir 'n week op 'n plaas gaan bly het. Hy het sy neef Jaap Nel laat weet
waar hy is en Jaap het Adam se ouers vertel en hulle het hom daar gaan sien.
Sy oom Jan en tant Annie Nel het hom ook gaan sien en hulle het hom omgepraat
om op Doornhoek te kom bly. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Op Doornhoek het hy sy eerste ontmoeting met die gereg
ondervind. Hulle het die aand na die nuus geluister toe daar 'n klop aan die
voordeur was. Adam het deur die kamervenster gespring en is die veld in. Oom
Jan het die deur oopgemaak en twee speurders het hom vertel dat hulle
inligting het dat Adam Nel by hulle skuil. Oom Jan het dit natuurlik heftig
ontken. Die speurders het die huis deursoek en was tevrede dat hy nie daar is
nie. Terwyl die speurders doenig was het tant Annie melk in die melkkamer gaan
haal en het Adam ingelig dat dit twee speurders is. Sy het in siSwati gepraat
en hom gevra wat hy daar doen en dat sy die polisie gaan roep. Adam het ook in
die swart taal gepraat en haar gevra om dit nie te doen nie en dat hy sal loop.
Adam het na die Carolina pad gestap om seker te maak dat die speurders gaan ry
en nie weer sal omdraai nie. Na 'n uur het hulle in die rigting van Badplaas
gery. Oom Jan het Adam op die naam Kosie geroep en is hy terug huis toe. Oom
Jan het voorgestel dat 'n gat in die slaapkamer gemaak word waarin Adam sou
wegkruip indien daar weer gevaar is. Hulle het so gemaak en 'n plank oor die
gat geplaas, die mat terug geplaas en die hangkas bo-op laat staan. Die dag wat
oom Jan en tant Annie Carolina besoek, het Adam tot by die Komatirivier saam
gery en dan gaan vis vang. So het dit vir etlike maande aangegaan. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Oom Jan
moes op 'n dag Barberton besoek en Adam is saam om sy hare te laat sny. Die
volgende oggend het tant Annie Adam gaan waarsku dat die huis deur troepe
omsingel is. Hy het dadelik met sy klere en komberse in die gat gaan sit. Tant Annie het die matras netjies opgevou en op die bed gesit sodat dit lyk asof
niemand daar geslaap het nie. In die tyd is daar aan die voordeur geklop en oom
Jan het hoes hoes die deur gaan oopmaak. Hulle wou weet waar Adam Nel is want
hulle het horn die vorige dag in Barberton gesien. Oom Jan vertel hulle egter dat Koos
Theunissen 'n paar dae by horn gekuier het en dat hy horn die vorige dag
Barberton toe geneem het en dat hy reeds op pad terug is na Rhodesia. Hulle het
die dag die huis letterlik omgedolwe, maar kon horn nie kry the. Daar was vier
sersante in bevel en nadat hulle tevrede was dat Adam nie daar is nie, is die
sersante na Hans Grobler, tant Annie se vader, se huis. Daar was ook soldate om
die huis geplaas en oom Hans wou hulle met 'n kierie bykom en was goed
parmantig. Toe hulle Adam ook nie daar vind nie, is hulle weer terug na oom Jan
se huis op Doornhoek. In die tyd het Adam uit die gat geklim, want
tant Annie het 'n plan gehad. Oom Jan moes die soldate vra dat hy water
by die waterwiel kon gaan haal om koffie te maak. Sou hulle instem sou Adam die
twee emmers neem en die water gaan haal. Hulle het toegestem en Adam het oom
Jan se jas aangetrek, die emmers geneem en tussen die soldate deur gestap tot
by 'n bloekomplantasie. By die watervoor gekom het hy die emmers daar gelaat en
reguit berge toe gehardloop. Halfpad teen die berge uit kon hy die huis sien. Dit was tussen nege en tien die oggend toe
die soldate met die vangwa weg is. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Adam het vir vier dae en drie nagte in die
veld weggekruip en sy ouers laat weet om hom te kom haal. Die brief is met behulp van
die Ossewa Brandwag organisasie aan sy broer Louis besorg. Die aand van die
vierde dag het oom Jan vir Adam na Piet Vermaak, naby Machadodorp, geneem waar
hy deur sy broer Coenraad, en 'n vriend, gehaal en na sy ouers geneem is. Adam het aan die beweeg gebly en is na Danie
Grobler, 'n broer van tant Annie, wat in Johannesburg gewoon het. Na 'n paar
weke is hy weer terug na sy ouers waar hy gebly het totdat 'n dosyn speurders
een oggend aan die voordeur geklop het. Sy vader wou gehad het dat hy agter die
deur moet staan, maar hy het in die plafon gaan skuil. Toe sy vader die deur
oopmaak het die speurders die huis binne gestorm en die huis deursoek. Hulle
kon niks vind nie en 'n leer in die buitekamer gaan haal om die plafon te
ondersoek. Die opening was in die badkamer en twee speurders het opgeklim en
Adam daar gevind. Hulle het 'n pistool op horn gerig en beveel om af te klim. Een
het eerste afgeklim gevolg deur Adam. Halfpad het Adam op die eerste speurders
afgeduik en op die vloer beland. Hy wou die speurder buite aksie stel terwyl
die ander een nog in die plafon was. Maar toe storm die ander speurders op hom af en het 'n hewige geveg ontstaan. Louis het Adam te hulp gesnel en het Adam
probeer ontsnap en het die speurders geskreeu dat hulle hom moet skiet. Toe
Adam om die huis hardloop was daar 'n duiwehok in die pad wat hy nie gesien het
the. Toe hy omkyk het hy sy wind teen die duiwehok uitgestamp. Hy is gevang en terwyl hy op die grond gelê het, wou hulle hom
boei. Toe hy weer sy asem teruggekry het, het by hom teëgesit en hulle wou sy
nek, bene en arms breek. Sy een hand is geboei en het aan sy vader gesê dat
hulle hom seermaak. Sy vader het hulle een vir een van hom afgepluk. Toe hy
merk dat hulle sy een hand geboei het, het hy die ander part van die boeie
oopgebreek. Sy moeder was in trane en gesoebat dat hy maar moet oorgee. Dit was die einde van sy vryheid. Sy vader en
broer is elk met vyftig pond beboet. Sy vader omdat by die boeie gebreek het en
sy broer vir sy aandeel aan medepligtigheid en dat by hom herberg gegee het.
Adam is na Die Ford in
Johannesburg geneem en ses weke later oorgeplaas na die interneringskamp op
Koffiefontein waar sy broer Louis, wie ook geinteineer was, hom ingewag het. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
Na sy vrylating werk
hy in die goudmyne aan die Rand en na sy huwelik in 1946 boer hy saam met sy
vader op Klipkop naby Vereeniging. Hy werk daarna vir Yskor op Vanderbylpark
vir 25 jaar en tree of in 1979. Na sy tweede huwelik in 1984 verhuis hy na
Vereeniging waar hy tot sy dood in Augustus 1994 woon. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)