i.13. Ebenhaezer NEL, geb. 24/05/1943, ged. 30/03/1944

i.13.  Ebenhaezer, geb. 24/05/1943, ged. 30/03/1944, Calvinia, oorl. 20/06/ 2023, Calvinia, Namakwa, Noord Kaap x 07/10/1967 met Johanna Jacoba DE WITT, geb. 07/10/1944, Hexvallei, De Doorns.

Ebenhaezer was die seun van Jacobus Hendrik Louw Nel en Wilhelmina Maria Steenkamp Brynard.

Ons almal ken die oom Eben Nel wat die pragtige boek "Van Blomfontein na Papkuilsfontein tot Sewefontein geskryf het. 

Eben Nel

Net bietjie agtergrond wat miskien belangrik is om insig te gee van watter hoek af ek na Eben se lewe kyk

Hy was een van dertien kinders en sy oudste broer was gebore in 1917 en hy eers in 1943. Sy ma en my Ouma is oorlede gedurende 1958. Ek is gebore in 1955—dit is amper ‘n geval dat hy meer die geval van broer was as ‘n oom maar in ons Nel familie was daar eintlik so ‘n onderskeid nie. Verder het ons in een huis op die plaas Boskloof gebly en na my ouma se dood was my ma dan die enigste moeder – al die ander dan mans – my Oupa Hendrik, pa Willem en dan Eben en my broer Kobie en dan ek die jongste. Die prentjie wat navore moet kom is dat Eben eintlik sonder ‘n moeder vanaf ouderdom 12 jaar groot geword het wat ek reken ‘n redelike impak op hom moes he.  Ongelukkig is my pa baie vroeg oorlede 1964 en daarna was ons as familie maar verspreid Eben na die SAP.

Nou meer oor hoe ek Eben ervaar het

Hy was besonder trots om ‘n Nel te wees en dit is hoekom hy dan ek die familelyn nagevrors het en ‘n boek die lig laat sien het – onsettend baie detail daarin vervat en moes baie werk vereis het.

Hy was besonder trots om ‘n Hatam kind te wees en dus sy onmiskenbare leifde vir Calvinia en die omgewing. Dit is hoekom hy dan ook weer vrede gevind het om sy laasye jare daar deur te bring.

Hy het ‘n oordrewe gevoel en liefde vir perde gehad ek kan eintlik se hy was “perdmal”—in die goeie sin.

Die familie[ Nels] en area [ Hantam] en die perd dink was die hoofsaaklike rede hoekom hy die Kaapse Rebelle nagevors het en toe ook ‘n boek daaroor voltooi het.

Opsommend is dit dan dit hy is dan die laaste een wat ons verlaat het van my Oupa se direkte nageslag en so groet ek hom.

Dirkie Nel (een van sy broers kinders)