h.1. Louis Johannes (Lang Lewies), geb. 20/02/1877, Leliefontein, ged. 02/12/1877, Middelburg, Tvl, oorl. 04/04/1946, Sabie x 30/07/1902, Burgerkamp, Meerbank, Natal met Aletta Sophia VAN LYLEVELD, geb. 14/04/1881, Potchefstroom, oorl. 15/08/1963, Carolina, d.v. Petrus Johannes Francis Henri van Lelyveld en Anna Catharina du Plessis.
Louis Johannes was die seun van Louis Nel en Hester Margaretha Aletta Potgieter.Uit hulle ma se sterfkennis van 1933:
FAMILYSEARCH
Lang Lewies het op die plaas Bankfontein grootgeword en later saam met sy vader geboer. Gedurende die Anglo-Boereoorlog is hy na die Burgerkamp, Meerbank, in Natal, waar hy in 1902 getroud is. Na die oorlog prospekteer hy in die omgewing van Pilgrim's Rest en Graskop en daama word hy boukontrakteur op Carolina.
Na die oorlog het 'n aantal gesinne, vanweë
gewetensbesware oor leer, diens en tug die gemeenskap van die NG Kerk opgesê.
Alle pogings tot versoening het misluk. Nadat die beswaardes 'n tydlank sonder
kerk was, het hulle 'n versoek aan ds S J du Toit (vader van die bekende digter
Totius) gerig om hulle te besoek. Op 'n vergadering van die beswaardes, onder voorsitterskap van ds
du Toit, gehou op 16 Januarie 1907, is drie besprekingspunte vir oorweging
voorgelê. (1) Bly in die kerk vanwaar julle uitgegaan het en getuig teen die kwaad.
(2) Gaan oor na die Gereformeerde Kerk. (3) Stig Gereformeerde gemeentes onder
die Kruis. Na bespreking is besluit: Aangesien ons te meer met 'n vrye gewete in ons vorige Kerk met vrede vir ons gemoed kan
bly nie en aangesien die Gereformeerde Klerk op die oomblik nie bevredig nie, die
vergadering oorgaan tot die stigting van 'n Gemeente onder die Kruis. Op hierdie vergadering is G.J.R. Nel Snr as
ouderling verkies en G.J.R. Nel Jnr en R.J.J.van Vuuren as diakens. Aangesien
die gemeente nie 'n kerkgebou gehad het nie, is besluit om voorlopig die
waenhuis op die plaas Witbank te gebruik.
Gedurende 1909 koop die Gemeente onder die Kruis
'n kerkgebou wat op Breyten leegstaan vir £600. Nadat ds S J du Toit op 28 Mei 1911 in 'n
ongeluk oorlede is, was daar niemand om die werk oor te neem nie. Die Gemeente
onder die Kruis het tot Januarie 1914 bestaan toe al die Kruis-gemeentes na die
Gereformeerde Kerk oorgegaan het. Die Breyten gemeente het tot ongeveer 160
lidmate aangegroei en die Kerkraad is tot vier ouderlinge en vier diakens
vergroot. Die
Breyten kerk het tot 1921 bestaan toe die kerk die saak oorweeg het om die
kerkgebou op Breyten te verkoop en na Carolina te verhuis, waar die kerk vier
erwe besit het. Die Breyten-kerkgebou is vir £900 aan die Wesleyaanse-gemeente
verkoop en met hierdie fondse is 'n kerk op Carolina gebou wat gedurende
September 1922 in gebruik geneem is. Louis (Lang Lewies) Johannes Nel (-
ble3d4e1f6g4h1) het die kerkgebou opgerig en Gert Nel (-ble3d4e1f6g3) het
sommige van die banke gemaak. Gert Nel het later langs die kerk gewoon. Hierdie
kerkgebou is later as kerksaal gebruik, maar Gert Nel se woning bestaan vandag
nie meer nie.
Lang Lewies het ook die stasiegebou op Carolina opgerig. Die "Ermelo Railway
Company" het teen die einde van 1907 die Ermelo-Carolina Machadodorp
spoorlyn tot op Carolina voltooi en die geleentheid is met 'n dans gevier.
Werk was
skaars en hy het ook in Johannesburg gewerk. Hier het hy tydens die griep van
1918 siek geword en moes die gesin hoor dat hy die griep na Carolina gebring
het. Later het dit egter duidelik geword
dat dit 'n epidemie is en dat die "swart dood", soos dit bekend was,
deur die land woed. Hy het nog nie behoorlik van die griep herstel nie, toe het
hy met 'n eenperd "treppie" gery om die siekes to help waar hy kon. Saam met ds. Birkenstock, Adventiste
predikant op Carolina, het hulle van plaas tot plaas gegaan en gehelp waar daar
sterfgevalle was, terwyl sy vrou kanne sop gekook het wat hy by siekes
afgelewer het. Ook Swartes het gehelp en
begrawe. Na die epidemie verby is het
die Dorpsraad van Carolina aan horn en ds. Birkenstock elk £50 geskenk as 'n
blyk van waardering vir hul dienste aan die gemeenskap.
Hy tree in diens van die Spoorweë as messelaar
en was verantwoordelik vir die instandhouding van die brue tussen Waterval
Boven en Komatipoort. Met sy aftrede is 'n silwer snuifdoos aan horn geskenk. Lang Andries is op 4 April 1946 op Sabie
oorlede en daar begrawe. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, SABIE, Urban area Mpumalanga, SABIE, main cemetery
eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, CAROLINA, Urban area Mpumalanga, CAROLINA, Main cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Sophia 1881-1963
eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, SABIE, Urban area Mpumalanga, SABIE, main cemetery
eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, CAROLINA, Urban area Mpumalanga, CAROLINA, Main cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Sophia 1881-1963