11/04/1894, Hoopstad, OVS met Mabel Agnes Mary TAYLOR, geb. 1875, oorl. 1959, d.v. Robert John Taylor en Jane Antonia Janet Armstrong.
Paul was die seun van Louis Jacobus Nel en Susara Johanna Adriana Mare.
FAMILYSEARCH
GELEGITIMEER
1892
ORDEN
1893
STANDPLASE
Masjonaland
1894 Makwassie
1897 Jeppestown
1907 Ermelo
EMERITEER
1934
Ds. Paul Nel is op 26 Januarie 1867 te Greytown, Natal, gebore. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang en is in 1892 gelegitimeer. Nadat hy ‘n jaar in Masjonaland deurgebring het, het hy ‘n beroep na Makwassie aangeneem wat hy vir drie jaar bedien het toe hy na Jeppestown vertrek het. In laasgenoemde gemeente werk hy onvermoeid voort tot 1907 toe hy hom ‘n beroep na Ermelo laat welgeval het, waar hy vir 27 jaar gestaan het. Na ‘n vrugbare bediening van 42 jaar in die Kerk het hy sy emeritaat aanvaar. Hy was ‘n kragtige en invloedryke persoonlikheid wat groot dienste aan die Kerk in Transvaal bewys het. Die Sinodale vergaderinge het hy eers as assistentscriba en later as scriba gedien. Ook was hy verskeie kere Moderator van die Transvaalse Kerk. Vir baie jare was hy lid van die Raad van die Kerke ‘n Raad waarvan hy ook scriba en voorsitter was. Hy was ook redakteur van die eerste Transvaalse kerkblad De Vereeniging. Gedurende sy vrugbare bediening het hy veel tot stand gebring. Hy het vir geen opoffering teruggedeins omdat hy gedring was deur ‘n warme liefde vir die saak van die Here en vir die Kerk wat hy bedien het.Hy het visie gehad en dinge wat hy voorsien het, sal wellig later nog blyk waar te wees, soos dit al die geval is met die Teologiese Fakulteit wat hy in 1922 sien kom het. Toe hy op 7 Oktober 1943 oorlede is, het die Transvaalse Kerk een van sy groot manne verloor. https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/nel-paul/
(https://www.myheritage.com/person-1012737_148888701_148888701/ds-paul-paul-hendrik-nel-a1b2c3d4e1f3g1h5)
Ds. Paul Nel (Greytown, 26 Januarie 1867 - Ermelo, 7 Oktober 1943) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk. Hy het vroeg in sy lewe die roeping ontvang om predikant te word. Hy gaan studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en deurloop sy vierjarige studiekursus met welslae. Hy is op 22 September 1892 gelegitimeer en vertrek na Masjonaland. Hier het hy net 'n jaar lank gewerk toe hy 'n beroep na Makwassie ontvang en aanneem. In dié gemeente staan hy net drie jaar toe hy 'n beroep na die NG gemeente Jeppestown in Johannesburg aanvaar. Dit was die gemeente, wat pas op 8 Julie 1897 gestig is, maar sewe maande lank herderloos was, se derde beroep, wat die kerkraad op 22 Desember 1897 uitgebring het. Ds. Nel en sy gesin het reeds op 17 Februarie in die Goudstad aangekom, maar sy plegtige bevestiging het eers 'n week later op Donderdag 24 Februarie 1898 plaasgevind. Op daardie aand was die Presbiteriaanse kerkgebou van eerw. Douglas stampvol. Agt predikante was onder die skare van gemeentelede en belangstellendes. Ds. Abraham Kriel, leraar van die NG gemeente Langlaagte, het die diens gelei en ook die bevestiging waargeneem. Die bevestigingsrede is deur die bekende ds. H.S. Bosman van Pretoria uitgespreek na aanleiding van Rom. 12:6-8. Onmiddellik ná hierdie plegtigheid het ds. Nel die kansel bestyg en sy intreerede gelewer. Sy teks was die antwoord van Petrus aan die kreupelgebore man by die tempelpoort: "Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en wandel (Hand. 3:6). Ds. Nel doen 'n beroep op die kerkraad en gemeente om hom deur die daad sowel as voorbidding te steun. Hy sluit af met die woorde: "Te veroordelen is duivelisch, te criticeeren is menschelijk; te onderteunen goddelijk." ('n Beskrywing van die plegtigheid het verskyn in De Vereeniging, orgaan van die Transvaalse Kerk.) 'n Week later is ds. en mev. Nel op 'n groot ontvangsgesellingheid deur die gemeente onthaal en by hierdie geleentheid is daar ook van die konsulent, ds. Abraham Kriel, afskeid geneem. Ds. Nel was nog betreklik jonk, want hy het so pas sy dertigste verjaardag herdenk.
eGGSA library Gravestones in South Africa Mpumalanga Mpumalanga, ERMELO, Urban area Mpumalanga, ERMELO, Old cemetery N - Vanne :: Surnames - N NEL Paul 1867-1943