Louis Johannes was die seun van Louis Nel en Gesina Maria Beatrix Olivier.
Louis se seun, Louis Johannes Nel (b1c3d4e1f6), is die vader van die drie Nel-broers na wie die dorp Nelspruit in 1884 vernoem is. Louis Johannes se ouers het huis en haard verlaat en saam met die Groot trek van 1837 die binneland ingekom. Hulle het al die smart van Italeni en Bloedrivier deurworstel. Louis Johannes Nel het hom op die plaas Koppie Aileen, in die distrik Umvoti, gaan vestig. Maar spoedig het onweerswolke weer oor Natal saamgepak en in 1843 word die Republiek van Natalia deur Brittanje geannekseer en by die Kaapkolonie ingelyf. Natal het in 1856 'n onafhanklike provinsie geword. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
In 1850 word 'n dorp in die distrik
Umvoti gestig. Die inwoners wou die dorp Pretorius noem, ter ere van die
Voortrekkerleier, maar die Natalse regering besluit om dit Greytown te noem,
ter ere van sir George Grey, die Kaapse goewerneur. Louis
Johannes Nel het hom ontuis onder die Britse bewind gevoel en hom
stelselmatig voorberei om na die distrik Lydenburg uit te wyk. Met hierdie doel voor oë
het hy in 1851 'n reis met sy gesin na Lydenburg onderneem. Tydens hierdie reis
het hy twee plase, Doornhoek en Goedehoop, aan die voet van die huidige Nelsberg, tussen Badplaas en
Barberton afgepen en laat aanteken as sy eerste en tweede landplaatsregt. Elke
burger of voornemende burger van die Zuid Afrikaansche Regering (ZAR) het die
reg gehad op 'n eerste en tweede landplaatsregt. Hy het ook erf 25 in Lydenburg aangekoop. Die afleiding word gemaak dat hy op die plase
Doornhoek en Goedehoop wou gaan boer en terselfdertyd 'n dorpshuis in Lydenburg
wou oprig vir nagmaal en ander geleenthede. Met hierdie besoek het hy ook met
die kerk gaan kennis maak en is sy dogter Magdalena Sofia Elizabeth op 29 Maart 1852 gedoop. Hy
het hiema na Natal teruggekeer om met die verhuising te begin. Hy moes egter
wag op die geboorte van sy jongste seun Jacobus Andries. Hy het
egter op sy plaas siek geword en is na Greytown vir behandeling. Hy is aan huis
van 'Vaal Lewies' Nel in 1860 oorlede en op die plaas
Welgegund begrawe. (Borman, Hans: Familie Nel van
Nelspruit, 1982)
Doornhoek, groot 3410 morg, is in twee verdeel, een helfte is op naam van die boedel van Louis Johannes Nel geregistreer en die ander helfte op name van Louis Nel (blc3d4elf6g2) en Jacobus Andries Nel (b1c3d4e1f6g7). Na Louis Johannes Nel se dood het sy vrou, Magdalena Henrietta Elizabeth Rudolph, op 24 Januarie 1862 met Jan Abraham Joubert getrou. en is die plaas herverdeel. Die helfte wat aan die boedel van Louis Johannes Nel behoort het, is aan haar seun uit die huwelik met Jan Abraham Joubert, naamlik Johan Andries Benjamin Joubert, en aan Louis Nel (blc3d4elf6g4) op 18 Junie 1888 oorgedra (suidelike gedeelte), terwyl die noordelike gedeelte aan W. Fourie oorgedra is. (Borman, Hans: Familie Nel van Nelspruit, 1982)
FAMILYSEARCH