Abraham Pieter was die seun van Johannes Izak Nel en Anna Jacoba Kruger.
Abie is op 20 Augustus 1937 gebore. Dr. F.M. Joubert het vir die bevalling
uitgekom. Met die dag van sy geboorte het daar drie vliegtuie naby die familiebegraafplaas geland. Dit was ‘n baie ongewone gebeurtenis en
alhoewel die omgewing se mense nie geweet het wie die vlieëniers was nie, het hulle daar byeengekom.
Abie het eers in die plaasskool skoolgegaan. Daaarna is hy na Renosterkop se Rietskool,
waar hy by Mnr. Aikman skoolgegaan het.
Hierna is hy Kakamas toe vir sy verdere skoolopleiding, waarna hy na die
Hoër Jongenskool in die Paarl is. Die
kinders het trein gery van Upington af tot in die Paarl. Die eerste deel van die rit was tot op De
Aar. Van daar af is die kinders van SAP ondersteuners Grahamstad toe, terwyl die kinders van
die NAT ondersteuners Boland toe is.
Izak Annie en Abie
Op 16 April 1966 is Abie met Jacoba Hendrina (Irene)
Loubser getroud. Irene het op Kakamas
skoolgegaan tot matriek. Izak en Kolie
was bure en Irene se ma was ‘n niggie van
Ella. Sy het oor naweke by hulle gaan kuier.
Irene is na die Universiteit van Stellenbosch toe in
1960. Abie het baie van haar gehou en
dit was so ‘n ernstige saak by hom dat hy daaroor gebid het. Nadat sy haar maatskaplike studies
klaargemaak het, het sy op Christiana gaan werk. Abie het daar vir haar gaan kuier. Hierna is sy Pretoria toe, waar sy in
groepwerk met kinders gespesialiseer het en ook later as organiserende sekretaresse
gedien het. Sy het van die begin af gesê dat
sy eers vir drie jaar wou werk en sy was ‘n meisie met ‘n sterk wil.
Abie het een maal per maand met die Dakota vliegtuig
vanaf Upington na Johannesburg toe gevlieg.
Dan het hy op die Vrydag opgevlieg en op die Maandag teruggevlieg. Hy het in die Union Hotel gaan bly, wat ‘n
baie deftige hotel was. Hy het dit
volgehou totdat hulle getroud was.
As hoogtepunt in hul lewens is Johannes Izak een jaar
en vier maande na hulle huweliksbevestiging gebore en Johannes Jacobus eers vyf
jaar later.
Na die ontwikkeling van die vervoer- en
koeltroknetwerk, kon vars druiwe na die hoof plaaslike markte, t.w.
Johannesburg, Kaapstad en Durban vervoer word.
Hierdie ontwikkeling het Suid-Afrika se uitvoermark moontlik gemaak.
In 1979, toe daar elektrisiteit op Rooipad aangelê is,
is daar begin met die aanplanting van die buitgronde. Abie het die eerste een hektaar proefperseel
onder mikrobesproeiing geplaas in 1979.
Hy en Burger du Plessis het begin met buitegrondwingerd. Daar is ‘n pompstasie met ‘n pyplyn wat oor
die Augrabies Nasionale Park se gronde loop, op R.K. Oosthuizen se grond
opgerig. Water is oor ‘n afstand van
2.2 km aangelê. In 1984 is die eerste
druiwe van die plaas Rooipad uitgevoer. Unifruco
was die alleenuitvoerder en Burger du Plessis en Abie Nel het die eerste
koelgeriewe in die omgewing gehad.
Baie van die Rooipad werkers woon al hul hele lewe op
die plaas. So ‘n werker is die
kleurlingman Oupa Koos (Jacobus Basson) wie diep spore in die ontwikkeling van
die boerdery getrap het. Oupa Koos het
oorspronklik by A.P. Nel, Abie se oupa op die plaas begin werk. Na A.P. Nel se dood het hy by Abie se pa
gewerk en na sy dood het hy by Abie gewerk tot met sy aftrede in 1988.
EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies padrooi 13 Nel cemetery