g.6. Ebenhaser
(Ben), geb. 15/03/1900, oorl. 29/06/1976, x Jacoba Magdalena VAN WYK,
geb. 08/08/1915, oorl. 25/07/1987.
Ebenhaser was die seun van Abraham Pieter Nel en Hendrina Maria Hendrikse.
Met die Rebellie was Kommandant Stadler en Piet
Joubert helde onder die mense. Piet
Joubert was ‘n agterryer van Maritz.
Manie Maritz was selfs nog hoër geag. Na die Rebellie het Ben Manie Maritz se pistool, karwats en sambok gekry. Die pistool het ‘n tien duim loop, ‘n 800 treë visier en ‘n
hout kolf. Die pistool kon ook soos ‘n
geweer gebruik word. Ben se seun Harding het na hom die eienaar van die pistool geraak. Ben
het ook Joubert se perdesaal en sy toom gekry.
As volwassene was Ben ‘n joviale mens wat nie veel erg
daaraan gehad het, om aardse besittings bymekaar te maak nie. Hy het in Australië gaan studeer met die geld
wat hy vir sy grond wat hy aan sy broer Mias verkoop het, ontvang het.
Ben was ‘n fris man, maar hy was kort. Hy het breë skouers gehad en was ‘n liggewig
bokser. Hy het ongeveer 157 pond geweeg
en kon verskriklik hard slaan. Hy het
vir New South Wales geboks waar hy was vir
langer as 5 jaar was.
In 1924 het hy teruggekom Suid-Afrika toe. Hy het by Boere Saamwerk Beperk (of B.S.B.)
gewerk. Hy en Boet Erasmus (na wie die
Boet Erasmus stadium vernoem is) het in Port Elizabeth begin werk. B.S.B. het aanvanklik as F.C.U. (Farmers
Corporation Union) bekend gestaan. Hy was ‘n goeie sportman. Na sy
terugkeer het hy vir Boland krieket en rugby gespeel. Boland het toe sover as Beaufort-Wes
gestrek. Hy het op 56 jarige ouderdom gholf leer speel
en het daarmee ook presteer.
Sy vrou se mense was vermoënde mense wat ‘n spogplaas
op Carnarvon gehad het. Hulle troue was baie groot. Ben het Mias se grond by sy weduwee gekoop. Hierna het Kolie weer die grond by Ben
gekoop. Ben het nie veel erg aan die boerderybedryf gehad nie. Hy het egter graag handel gedryf of gespekuleer. Hy was ook baie lief vir jag en het ‘n goeie kennis van wild gehad.
Ben was nie bang om sy vuiste te gebruik nie. Op Anna von Wielligh se
mondigwordings partytjie by Keimoes Hotel, het daar 'n woordewisseling tussen hom en
George van der Heever, die skaapinspekteur gekom. Ben het vir sy neef, Kallie Nel gevra om met George te
praat. Hy het gesê: Hy krap nou vir my en
ek sal hom neuk. Ek wil nie, want George
is ‘n goeie vriend van Gys (von Wielligh) en dis by sy dogter se partytjie. George het hom egter uitgelok, wat tot ‘n
vuisgeveg gelei het.
Net soos sy broers het Ben van jongs af in die
Oranjerivier geswem en net soos hulle was hy ‘n baie goeie swemmer.
Die
Augrabiesvalle was primitief
en daar was geen goeie paaie daarheen nie. Die
mense het sommer deurgeswem na die valle toe.
In Augustus 1933 het Dirk Poggenpoel se voet geglip en het hy oor die
rand van die valle getuimel. Ds. Van
Jaarsveld het beskryf: Vroeër in Augustus 1933 was dit ook sy
onbenydenswaardige taak om met gryphake die lyk te gaan herwin van Dirk
Poggenpoel wat ten aanskoue van sy oorstelpte moeder en suster die verraderlike
katarak ten prooi geval het toe hy wou buk om ‘n bekertjie water te skep op die
glibberige gladgepoleerde rotse, gegly en in die grondelose diepte afgestort
het. Ben Nel het met ‘n tou afgegaan om
die liggaam uit te haal. ‘n Kanoe met
gryphake was agter hom laat sak en Ben het vir ure die poel deurgegaan en het
uiteindelik die lyk in die spoelgat gevind.
EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13 Nel cemeteryEGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13 Nel cemetery
EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13 Nel cemetery