g.3. Hermias Cornelis Nieuwoudt (Mias), geb.
12/07/1893, Rooipad, oorl. 24/05/1936 x Christina Alida (Chrissie) HENDRIKSE, geb. 21/06/1894,
oorl. 12/07/1971.
Hermias Cornelis Nieuwoudt was die seun van Abraham Pieter Nel en Hendrina Maria Hendrikse.
Mias, Hendrina en Kolie het op Nieuwoudtville
skoolgegaan en het by ‘n tannie van hulle gaan woon. Hulle het met ‘n wa gery om by die
regeringskool uit te kom. Barend
Johannes Mouton van Heilbron was vir een jaar hulle onderwyser
Kolie en Mias het in 1905 met skool begin op Nieuwoudtville. Die dogter is Jan Hendrikse se dogter Kotie wat jonk oorlede is.
Die kinders het van kleins af geleer om baasswemmers te raak.
As hulpmiddel in die magtige Oranjerivier het hulle ‘n drywende
wilgerstok (wilgerblok), met ‘n sterk pen wat stewig ingedryf was vir
vashouplek, gebruik. Mias Nel en Koos Gouws was destyds deur die jong
mense beskou as van die sterkste swemmers in die Oranjerivier.
Wanneer die rivier afgekom het, het Piet Nel vir sy
seuns, dag en nag bokke laat uitswem uit die eilande uit. Dit was ‘n moeilike taak, maar die seuns het
die bokke om die nek gevat en deurgeswem.
Die bokke het baie groot geraak op die eilande. Daar is beweer dat Piet Nel se bokkapaters
eenkeer so groot soos tollies gelyk het.
Soms moes hulle selfs ander mense deurswem van die
eilande af, wanneer die rivier in Hoogwater was en daar is beweer dat van die
vroue wydsbeen op hulle skouers gesit het, wanneer hulle deurgeswem is.
As jong man was Mias ‘n rebel in die Suidwes-veldslag
van 1914. Mias was die dag saam met
Manie Maritz toe hy homself losgemaak het van die Unie.
Mias was die eienaar van een van die heel eerste motorkarre wat in die area was. Hy het ‘n model-T
Ford in 1917 aangeskaf. Hierdie motor
het vir Mias teen Ford laat besluit vir die res van sy lewe. Sy voorkeure in motors was Chrysler, Dodge
Plymouth of De Soto. Mias se rooibruin
1927/28 De Soto motor met sy swart modderskerms bestaan vandag nog.
Wanneer daar destyds na Upington toe gery is, moes die
familie dikwels oorslaap, aangesien die motors nie die Bobbejaankrans kon uitkom
nie. In sulke gevalle is die motor
agteruit teen die krans uitgery. Dit was
nie die enigste struikelblok met die motor oppad Upington toe nie. Warmsand het soorgelyke probleme opgelewer en
hulle kon maklik vir ‘n halwe dag daar staan.
Mias is in 1917 met Christina Alida Hendrikse getroud. Chrissie was ‘n baie presiese en netjiese
vrou. Mias en Chrissie het mekaar op ‘n
familielid se begrafnis ontmoet. Haar pa
en Hendrina Nel was neef en niggie. Sy
het tot 1947 op Rooipad gewoon.
Minnebrief wat Mias aan sy toekomstige bruid gestuur het. Die datum waarop hulle moontlik in die huwelik sou tree word daarin gemeld.
Hermias Cornelis Nieuwoudt Nel en Christina Alida Hendrikse
Minnebrief wat Mias aan sy toekomstige bruid gestuur het. Die datum waarop hulle moontlik in die huwelik sou tree word daarin gemeld.
Hermias Cornelis Nieuwoudt Nel en Christina Alida Hendrikse
Mias was, net soos sy pa, ‘n veeboer. Die Nels was van die eerste mense in die Unie
wat met karakoelskape geboer het. Die
skape is van Suidwes-Afrika af ingesmokkel.
Die karakoele is by Onseepkans en Schuitdrift deur die rivier gesit. By Schuitdrift het hulle takke aan donkies se
sterte vasgemaak om die skape se spore mee dood te vee. Die velle van die lammers is dan weer by
Schuitdrift na Suidwes toe teruggevoer.
Blydeverwagt was destyds so groot dat daar vandag ses boere is wat
Blydeverwagt besit.
Toe Piet Nel in 1928 dood is, het Kolie en Mias elk ‘n
gedeelte van Rooipad geërf. Uit die
boedel het Kolie vir Gamaip gekry en Mias het vir Bysteek gekry. Hierna het Mias die Blydeverwagt gedeelte vir
Kolie se Rooipad gedeelte verruil, aangesien sy kinders skooltoe moes gaan.
Mias en Izak
Mias en Izak
Deftigheid destyds was aan die orde van die dag, veral by
diegene wat dit kon bekostig. Die mense
het met hulle “dress suit” gaan dans.
Hulle het ook nie in die straat sonder ‘n jas oor die “dress suit”
gestap nie. Mias het vir hom ‘n swart
“dress suit” met binne afwerking van sy by ‘n ene F.C. Jooste in die Paarl laat
maak.
Vier kinders is uit Mias en Chrissie se huwelik gebore: Anna, geb. 1919; Drienie, geb. 1921; Pieter, geb. 1923; en Mias, geb. 1933.
Mias Chrissie en kinders
Die ses Nel broers, afgeneem in 1928. Bertus, Ben Mias, Piet, Kolie en Izak by Mias se nuwe 1928 De Soto motor.
Vier kinders is uit Mias en Chrissie se huwelik gebore: Anna, geb. 1919; Drienie, geb. 1921; Pieter, geb. 1923; en Mias, geb. 1933.
Mias Chrissie en kinders
Die ses Nel broers, afgeneem in 1928. Bertus, Ben Mias, Piet, Kolie en Izak by Mias se nuwe 1928 De Soto motor.
Chrissie en haar seun Mias, na haar man se ongeluk
EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13 Nel cemeteryEGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13 Nel cemetery