f.6. Johannes Willem (Jan), geb. 13/09/1867 , Calvinia oorl. 23/10/1930 , O'kiep Hospitaal
Namakwaland, begr. ou oorlog begraafplaas Springbok x 26/08/1889, Kenhardt met Anna Sophia
Wilhelmina BERG, geb. 01/11/1889, Calvinia, oorl. 07/07/1950, begr. ou begraafplaas, Keimoes, d.v. Gerrit Stephanus
Bergh en Maria Magdalena Petronella van der Merwe.
Johannes Willem was die seun van Abraham Pieter Nel en Christina Gloudina Louw.
Voordat
die Groot Trek 'n aanvang geneem het, is drie ekspedisies in 1834 uitgestuur om
die binnelande te verken. Die eerste wat onder leiding van J.A.
Pretorius was, het na die dorre gebied ten weste van die samevloeiing van die
Vaal en Oranjeriviere gegaan. Die
Noordweste is as 'n droë, waterlose, onherbergsame sandwêreld beskryf. Die gebied van die Buffelsrivier in
die weste, noord van die Kareeberge tot aan die Oranjerivier is eers in Desember
1847 by die Kaapkolonie ingelyf. Toe die Oranje in 1847 as Noordelike grens
van die Kaapkolonie verklaar is, het blankes gereeld jaarliks met hulle vee na
die streke getrek. Om die Blankes nie
aanstoot te gee nie, het die Siviele kommissaris van Beaufort-Wes in 1855
hierdie gebiede as "trekvelden" verklaar.
Vir
langer as 'n eeu is die Noordweste as periodieke trekveld gebruik, voordat die
eerste blanke pioniers hulle permanent daar gevestig het. Daar is
geredeneer dat as hulle buitendien agter die reën moet aantrek, dit nie sin maak om self
grond koop en belastings en paaiemente daarop te betaal nie. Die
eerste blanke intrekkers het hulle teen die middel van die 19de eeu in die
Boesmanland gevestig. Die eerste
pioniers was meestal jong beginners, boere sonder
grond en boere wat nie genoeg geld gehad het om plase te koop nie. Die meeste van die grond wat sedert 1860 in plase opgesny is, is aan hulle verhuur op 'n
drie jaar huurpag stelsel en dit is bekend dat hulle baie arm was en swaar tye
beleef het. Die meeste van hierdie blankes het uit die grensdistrikte suid van die Oranje gekom. Heelwat blankes, sommige as jagters, ander as besigheidsmanne, baie as fortuinsoekers, sommiges ook later om te boer, het die gebied binnegetrek,.
"It (Boesmanland) is a land of whitening bones and ghastly expanses of baked earth littered with small black stones. In winter Bushmanland is an agonising territory. In summer the merciless sun penetrates your helmet and the scorched veld burns your shoes. Dust lingers in your nostrils long after the dust-storm has passed. Hardly anywhere is there comfort. Mud huts, mat houses, pepper trees; their shade is a mockery and there is never a moment's escape from the reality of Bushmanland." (Green: To the River's End)
Wat baie van die blankes na die gebied gelok het, was die vrugbare grond langs die Oranje, veral nadat besproeiing moontlik gemaak is deur eerw. Schroder. Teen
daardie tyd het die gebruik by die boere van Namakwaland reeds bestaan om in
die somermaande met hul vee na die Boesmanland te trek. Maar as gevolg van die teenwoordigheid van
Koranna-bendes in die rigting van die Skuitdrif het hul voor 1870 nie gewaag om
verder as Pofadder te trek nie. Vroeg in
die sewentiger jare het die trekboere sowel as die Namakwalandse boere in die
omgewing van die Skuitdrif begin opdaag,
op soek na weiding vir hul veekuddes.
Die pagstelsel is in 1882 na die einde van die Tweede Koranna oorlog afgeskaf en die plase kon gekoop word. Die meeste trekboere het grond gekoop. Die grond langs die Oranje was goedkoop en was dit 'n
uitkoms waar plase in ander bewoonde gebiede te klein geword het. Jan Nel en sy vrou, het aanvanklik op Marchand (waar PR konstruksie vandag is), naby Kakamas gewoon en het daarna na Loeriesfontein toe getrek.
Die trekboere het wild geskiet, sodat hulle kon eet, biltong maak en handel dryf met die vere van wilde volstruise. Hulle het hul vee gespaar. Hulle het van pan tot pan getrek. Hierdie panne was vol water gedurende die reënseisoene. Baie van hierdie panne is soutpanne soos byvoorbeeld die "Great Commissioner's Pan" wat 11 myl lank is met sy spierwit laag sout wat soos sneeu lyk. Dit was een van die plekke waar jagters gedurende die migrasie van Springbokke, die honderde bokke wat hulle geskiet het, gebring het sodat biltong daarvan gemaak kon word. Jan Nel was 'n groot man van 6 voet 4. Die storie word vertel dat hy met die springbokmigrasie van 1900, 'n springbokram met 'n mes platgegooi het en hom daarna keel afgesny het. Die bokke was blykbaar al moeg.
Frans Schultz, ‘n welgestelde winkelier in die
Hantam, en sy vrou Martha Margaretha Gous van Clanwilliam
het in die tweede helfte van die 19de eeu Noord-Weswaarts na die Boesmanland
getrek, waar die plaas Nous-Wes in die distrik Kenhardt teen die jaar 1877 as
pag-grond aan hom toegeken is. In
1882 het Frans Schultz die plase Bladgrond-Noord en Nous-Wes gekoop. Die grond
het sy eiendom geraak met die Kaart en Transport gedateer 28/12/1883 . Daarmee saam het hy ook die plase Bladgrond
en Bo-Narries aangekoop.
As gevolg van die geweldige droogtes, wat so kenmerkend van die area is, was dit vir die Veeboere noodsaaklik om met hul vee na beter weivelde te trek. "Die wapad is my woning, die reën is my koning". Baie van die mense het nie presies geweet wanneer hulle gebore is nie, maar kon sê waar die wa gestaan het, die dag toe dit gebeur het. In die Nousrivier, 'n sandloop, ongeveer 200 treë van die oorspronklike opstal was drie putse of gorras wat standhoudend was en genoeg water voorsien het. Verskeie boere het, wanneer hulle met droogtetye met hul vee getrek het, hier aangedoen om hulle vee te laat suip.
Op Nous-Wes het Frans die geskiedkundige
“Blou Huis” gebou, so genoem na die blou skynsel van die sement waarmee dit van
buite geverf was. Die Blou huis was ‘n klein huisie met baie
dik mure. Dit het ‘n voorhuis met twee
kamers aan elke kant en ‘n waenhuis gehad.
Later was daar nog ‘n kamer aan die agterkant van die huis aangebou.
Die
oorspronklike opstal van die plaas Nous-Wes (9500 morg), het tussen die
kerkhuisies en die kleurlinge se kerk gestaan. Sedert
1893 was daar 'n privaat skooltjie, aanvanklik eers in 'n tent deur die
onderwyser Kolie Robyn en later in die sitkamer van Frans Schultz se huis (die
Blou huis). Die winkel in een van die vertrekke van die huis, het van die plaas 'n sentrale punt gemaak.
Schultz het die kamer aan 'n Jood verhuur. Die skool, die winkel en die
feit dat dat daar genoeg water vir trekdiere van lidmate was, ook die feit
dat kerkdienste aanvanklik in die sitkamer van die Blou huis gehou is, is
waarskynlik die rede waarom die kerk op Nous gebou is.
Met
Frans se dood in 1897 het sy drie seuns die drie plase soos volg ge-erf: Frans erf Bladgrond; Johannes Petrus (Hannes) erf Nous-Wes en
Hendrik Jeremias erf Bo-Narries. Die plase grens aan mekaar.
Links: Ou begraafplaas op Nous
Links: Ou begraafplaas op Nous
Toe goud aan die Witwatersrand ontdek word, het dit direk tot die uitbreek
van die Anglo-Boereoorlog in 1899 gelei. Die nedersetters van die Arbeidskolonies
langs die Oranjerivier is wel deur hierdie oorlog geraak. Baie het by die
Boerekommando's aangesluit en ander het weer het na Suidwes-Afrika gevlug. Die verslag van luitenant W.L. White
van die C.S.O. Kaapstad, O'Kiep. Namaqualand 7 September 1901. Hy doen verslag dat sonder twyfel, en amper sonder uitsondering, alle persone van Dutch
extraction wat tussen Pella en Kakamas woon, Rebelle of Rebelle simpatiseerders
was.
Johannes Willem Nel, het in 1904 op Nous aangekom, waar hulle in ‘n tent gewoon het en hy veld van Schultz gehuur het. Hannes Schultz en sy vrou Cecilia Maria Johanna Louw moes later egter die plaas verkoop, omdat
hy geld nodig gehad het om vir 'n hofsaak te betaal wat hy verloor het. Volgens
oorlewering het die hofsaak ontstaan as gevolg van die verhuring van ‘n
gedeelte van die huis as winkel aan 'n Jood van Draghoender, Noordwes van
Prieska. Die Jood het die voorhuis met die deurloop na die kombuis en 'n gedeelte van die spens gehuur. Die slaapkamers het nie buitedeure gehad nie
en die huismense moes gedurig deur die winkel beweeg. Die winkel kon dus ook nooit gesluit word
nie. Dit was geweldig ongerieflik en
Schultz het besluit om dit nie meer te verhuur nie.
Toe die Jood met sy handelsware op Nous
aankom, het hy gehoor dat Hannes Schultz nie meer kans sien om die vertrek aan hom te verhuur
nie. Die Jood het vir Schultz gevra om
die transport te betaal, waarop hy geweier het.
Die Jood het toe 'n siviele saak teen Schultz gemaak en het £600 pond geëis. Die saak het in 1904 in die Kaap
voorgekom. Schultz het die saak verloor
en hy het nie die geld gehad om vir die hofsaak te betaal nie. Na die hofsaak het Jan Nel die plaas Nous Wes by Schultz gekoop. Die Nel-gesin het
toe in die opstal (die blou huis) gaan woon en die Schultze in die tent.
Die Schultze het nou oos van die Nousrivier
gewoon en die Nels aan die Westekant. *Hierna het Hannes Schultz na die besproeiingskema op Kakamas gegaan, waar hy op
Paarden-eiland ’n besproeiingsboer geword het. Hannes het die laaste jaar van
sy lewe op Skerpioenpunt (Boegoeberg) by sy seun, Hannes gewoon. Ek noem dit, want hierdie familie het vir ‘n
tweede keer paaie met ons familie gekruis.
Johannes Petrus Louw (Hannes) Schultz, die seun van Hannes Schultz
het in 1928 met Maria Margaretha Petronella Laufs, die jonger suster van Hester
Cornelia Laufs getrou*
Periodiek is daar steeds winkel gehou in
die Blou huis. Toe Annie 'n kind was, het die Jood, Skolnik, die winkel op Nous gehad. Daar was ook tye, wat daar nie ‘n winkel op
die plaas was nie. Dan het die Nels met
wa en osse Brandvlei toe gery vir voorrade.
Smouse het ook die plaas besoek met wa en osse. Hulle het kosvoorrade, interressante ware,
sis, gare en nog vele meer te koop aangebied.
Uit
die huwelik van Johannes Willem (Jan) Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg is 15
kinders gebore waarvan 12 grootgeword het.
Die
oudste seun is dood nadat hy deur ‘n slang gepik is. Naamgewing is streng volgens die voorskrifte
nagevolg en daaruit kan ons aflei dat hy Abraham Pieter gedoop sou wees. Hierna was Gert die oudste seun.
Op
Nous is twee van die Nel dogtertjies ook op tragiese wyse dood. Die een klein
dogtertjie het op 'n bed, wat op die vloer gemaak was, geslaap in die warm
somer. Terwyl sy gedroom het, het sy
haar regtervoet uitgesteek. Dit het 'n
ses voet lange geelslang gehinder, wat haar gepik het. Sy was binne tien minute dood.
Die ander dogtertjie, wat drie jaar oud
was, het een aand voor etenstyd in die voorhuis aan die slaap geraak. 'n Skerpioen het haar gesteek en sy is
daarvan dood. Haar ma het haarself vir
baie lank verwyt dat die kind op ‘n leë maag dood is.
In
1905 het Frans Schultz (jnr) en Jan W. Nel saam besluit om elk 'n stukkie grond vir die skool en 'n kerk met die doel dat daar sodanige
geboue opgerig sal word beskikbaar te stel. Die twee
gedeeltes het direk aan mekaar gegrens.
Die grensdraad is toe verwyder sodat die twee driehoekgedeeltes 'n
eenheid gevorm het. In
1905 is 'n enkelkamer skool geboutjie opgerig wat terselfdertyd ook as kerk sou
dien. In 1907 is die kerk gebou.
Hierna
was Nous-Wes 'n volwaardige buitekerk.
Hoewel ook elders buitedienste gehou is, het slegs Nous-Wes die status
van 'n hulpkerk gehad: slegs daar is doop en nagmaal bedien, kategeseklasse gehou, belydenis van geloof
afgelê. Sy kerkraadslede het opdragte gekry om tuggevalle te hanteer en die
gebou in stand te hou, en die kerksaal uit kerkfondse in stand te hou word. Daar is 'n tuisgaankamer vir die dominee ingerig, sowal as
tuisgaankamers vir lidmate. Later
is die wykskerkraadslede, wanneer hulle dit sou verkies, ook daar in die ampte
bevestig.
Toe
die Eerste Wêreldoorlog in Augustus 1914 uitbreek, was die Unie van Suid-Afrika skaars vier jaar oud. Die bitterheid en die
vernedering van die Anglo-Boereoorlog was nog steeds vars in die geheue. Dit is te verstane dat daar 'n rebellie teen
die regering uitgebreek het. Gedurende
die anglo Boere-oorlog het die boere hulle plase verloor. Die rebelle het die oorlog as 'n geveg vir
vryheid beskou. Marits het op daardie
stadium besef dat die mense van die Noordweste nie bereid was om saam met die
rebelle te veg nie. Hy het besef dat
hulle op 'n verloorstryd was, maar hy was steeds vol moed. Hulle het na die plaas Schuitdrift, wes van Kakamas, aan die Oranjerivier
gery. Kort na Kemp se aankoms het hy en
Maritz besluit om die Unietroepe wat hier in hierdie omgewing was, aan te val. Schuitdrift was 'n belangrike grenspos tussen
Suid-Afrika en Duitswes.
Op
Nous was daar in daardie jare 'n winkel, 'n kerk en dit was ook om en by
hierdie tyd tot 1915, wat die eerste drie tuisgaankamers op Nous-Wes gebou is,
nl. die van Willem Claassens, Jacob Strauss en Bertus van Niekerk. Die
unietroepe het op die groot oopte naby die kerk kampeer. Teen dagbreek toe hulle aangeval is, moes die
unietroepe in alle haas probeer padgee.
Elke man het maar net probeer om so gou as moontlik op sy perd te
kom. Sommiges is weg sonder hul broeke
en van die offisiere het net kans gehad om een kamas aan te trek. Daar was sporadiese gevegte by die veekrale. Maar
ook net in die eerste posisie wat hulle in geneem het, het Maritz se manne 139
krygsgevange geneem. Maar dit was nie al
wat Maritz gebuit het nie, ook al die kersgeskenke en poedings vir die
Unietroepe wat al op Nous-Wes gelê en wag het vir kersfees - moontlik in Nous se kerksaaltjie.
Die
nous-lied vertel die storie van die aanval.
Die
Nous-lied
As
die Duitsers kom
Dan
loop jul krom
Hulle
wiet skrapnel
Skiet
skanse om
Jan
Coetzee die Unieman
Het
sy broek op Nous laat staan
Hier
het hulle moes hard baklei
Party
van die manne se broeke het gebly
Koos
van der Merwe val van sy perd
En
gryp hom toe sommer aan sy stert
Die
hemp en die jas en die een kamas
Dit
kom die Kakies goed te pas
Breedt
se manne het moes laat gly
Want
Stadler jaag voor verby
Die
koffie was toe ook net klaar
Toe
kom ou Stadler ook net daar.
Die
bekers staan so vier in 'n ry
Die
ketel en die koffie ook daarby
Toe
hoor jy niks toe Stadler kom
As
mense hoes en perde proes
Die
Engelse poeding en die Duitse bier
Daarmee
gaan ons krismis vier
Krismis
was ons lekker dag
Toe
hoor jy net rebelle lag
Vriende
hier van Kakamas-wes
Doen
julle dan tog ook julle bes
Dit
is ons rebel party
Wat
ons ook hierdie lied
laat
kry.
Die
Uniemanne wat gevang is, is in die kerksaal toegesluit. Hulle is getel toe hulle in die kerk ingesit
is, nie toe hulle uitgehaal is nie. Een
van die troepe het agter die ou preekstoel weggekruip en toe alles stil was,
het hy uitgekom en na 'n naburige plaas gegaan, waar hy 'n perd geleen het en
weggery het. Ondanks
die oorwinning was die rebellie teen 'n einde want Kemp en Marits het
voortdurend vasgesit en daar is kort kort krygsraad gehou.
'n
Volgende storie wat ontstaan het na aanleiding van vredessamesprekings in Anna
Sophia Wilhelmina (Berg) Nel se huis lui as volg. Komdt Stadler en Genl. Marits het
vredesamesprekings met Komdt Breed en Luit.
Vermaas van die Unie verdedigingsmag in A.S.W. Nel se huis gehou. Op 'n stadium het sy vir Marits gesê om die
gevegte te stop, want 'n mens baklei nie teen jou familie en eie mense
nie. Dit dui duidelik daarop dat die
bewoners nie ten gunste van die rebellie was nie Stadler het blykbaar teen die deurkosyn
gedruk en gesê dat daar net oor Maritz se dooie liggaam vrede sal kom, wat toe
ook gebeur het.
Anna Sophia Wilhelmina (Berg) Nel
Jan
Nel het met vee op die plaas Nous geboer.
Deur ordonnansies is daar voorsiening gemaak vir trekpaaie van 150 meter breed,
water en weiding vir seisoenstrekboere, maar die trekpaaie kon nie as
permanente weidingsgebied gebruik word nie.
Die trekboer moes dus nou trek om by 'n bestemming uit te kom. Na ‘n reënbui op die trekpad, het Jan Nel siek
geraak en is hy op 23 Oktober 1930
op Concordia aan longontsteking dood. Hy
is in die ou oorlog begraafplaas op Springbok begrawe. Van sy kinders het
eenkeer klippies wat van Nous af kom (veldspaat en kwartz) op sy graf gaan
neersit.
FAMILYSEARCH
FAMILYSEARCH
Springbok
Ou begraafplaas Keimoes