Maria Susanna was die dogter van Matthias Jacobus van der Westhuizen en Maria Susanna Engelbrecht.
Ná 1798 was die omgewing van die latere George deel van die nuwe gemeente Swellendam en ná die stigting van die drosdy, het dit aanvanklik so gebly. Van Kervel het die onderwys en godsdiens in ‘n treurige toestand aangetref en op sy aanbeveling gee sir John Cradock, Caledon se opvolger as goewerneur, toestemming tot die oprigting van ‘n kerk en belowe geldelike steun.
Op 23 April 1811 vaardig die indertydse goewerneur, graaf Caledon, ’n proklamasie uit ter stigting van ’n nuwe drosdy, naamlik George’s Drostdy, wat dan ook op dieselfde dag van Swellendam afgestig word. ’n Dorp word aangelê en deur die eerste landdros, A.G. van Kervel, uitgelê. “George Town”, soos dit in die beginjare bekendgestaan het, was die eerste plek wat aan die Kaap gestig is ná die Britse bewindsoorname en is al beskryf as die mees Engelse nedersetting in die hele Suid-Afrika vanweë die lowerryke ligging en die koel, nat klimaat. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-george/)
f.2. Ignatius Petrus DU PREEZ, geb. 13/04/1846
f.3. Magdalena Josina Margaretha DU PREEZ, geb. 20/05/1849
f.5. Thysina Jacoba DU PREEZ, geb. 30/06/1854
f.6. Daniel Marthinus DU PREEZ, geb. 16/10/1856
f.7. Anna Susanna DU PREEZ, geb. 04/02/1859