h.4. Karel Petrus Johannes NEL, geb. 15/12/1897


h.4.  Karel Petrus Johannes, geb. 15/12/1897, Bethlehem, OVS, oorl. 18/10/1976, Hillary, Natal x 11/05/1920 met Susara Magdalena Maria (Sarie) VAN ZYL, geb. 08/12/1899, OVS, oorl. 13/04/1979, begr. 15/04/1979, d.v. Gert Johannes van Zyl en Susara Johanna Magdalena du Plessis. 

Karel Petrus Johannes was die seun van  Willem Stefanus Nel en  Hester Maria van Vollenhoven.

DG: AW van Zyl en eggenote. Clarens na Betlehem na Hillary.  

Ouma Sarie het haar geheue verloor en was in 'n inrigting die laaste deel van haar lewe. Sy is voor oupa Karel oorlede.   (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)

 

 (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)









Karel Petrus Johannes was klein  gedurende die ABO. Hy het waarskynlik saam met sy moeder in die wa rondgetrek, terwyl sy vader op kommando en op Ceylon was. Sy pa is op 30 Jul 1900 gevang. Hywerk aanvanklik vir Richard Scott as plaasvoorman, later as Klipkapper saam met  sy skoonpa, Dowe Gert van Zyl, later as Padmaker en word Paaie se magasynmeester.  

Gedurende die rebellie was hy saam met 'n kommande by Virginia.  Die regeringsmagte het hulle vasgetrek, maar omdat hy so jonk was, het hulle net sy perd met 'n sambok bygekom, sodat die weggehardloop het huistoe.  In ongeveer 1929/1930:  As gevolg van die depressie het die boere ophou bou en bouwerk was skaars.  Oupa Karel was steeds saam met Oupa Dowe Gert besig om aan kerke te bou. Uiteindelik  het hulle op die pad gaan werk. Oupa Karel werk aan die pad tussen Betlehem en Clarens en hulle het by die Fonteintjies gekamp (Ong 12.5 myl van Clarens). Hulle is baie streng deur hulle baas behandel. Vrydae het hulle Oupa Karel met kar en perde gaan haal.  Oupa Karel het goed gedoen en is bevorder tot Patrollie Padmaker. Hy het toe 'n karavaan gehad wat deur ses muile getrek is. Hy het  by Golden Gate gaan staan. Die muile is ook gebruik om 'n padskraper te trek. Hy het baie keer van Golden Gate af na Clarens toe geloop en die volgende oggend terug.  Teen ongeveer 1936 het Oupa Karel bevordering na Magasynmeester op Betlehem gekry.  Hy verkoop sy huis op Clarens vir  57 Pond en verhuis na  Betlehem (Lindleystraat 23?) waar hy 'n munisipale huis huur (Mill straat no 9).  

Gedurende WW2 was hy op Betlehem werksaam.   Voor 1947 is Ant Lenie getroud met Willie Kruger en Oupa Karel  verhuis na Hillary in Natal. Hier begin hy met 'n hoenderboerdery en verkoop eiers. Hy was vir 'n lang tydperk Koster by die Hillary Gemeente van die NG kerk. (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)