h.3. Susara Maria Magdalena NEL, geb. 10/12/1895

h.3.  Susara Maria Magdalena (Serah), geb. 10/12/1895, Kransfontein, Clarens, oorl. 20/11/1977, Clarens x 09/05/1916, Kestell, Bethlehem, OVS met Evert Theodorus VAN SCHALKWYK, geb. 21/09/1893, Bethlehem, OVS, oorl 1918, groot griep xx Carel Pieter DE JAGER, geb. 25/10/1891, Duiwelskloof, Pietersburg, N-Tvl, oorl. 10/04/1970, begr. Betlehem. 

Susara Maria Magdalena was die dogter van  Willem Stefanus Nel en  Hester Maria van Vollenhoven.

DG:  Johannes Willem van Zyl.

De Jager se Sotho naam was 'Pudijan' (Bok). Toe hulle vra hoekom die naam so is, wou die swarte eers nie sê nie.  Later sê hulle: "'n Bokvel kan jy nie brei nie", waarskynlik verwysende na oom Carel se hardkoppigheid.  Terwyl Sarah (Serah) aan Evert van Schalkwyk verloof was, ontmoet sy vir Carel de Jager wat vir sy familie kom kuier het in Ficksburg - hy was afkomstig van Duiwelskloof.  Sarah (Serah) was eers (1916) getroud met Evert van Schalkwyk maar hy is in 1918 oorlede met die groot griep. Hulle het 'n seuntjie gehad wat op 16 maande dood is.  Ook 'n dogter wat in 1982 oorlede is. Daar was destyds 'n pes onder die donkies in Duiwelskloof.  Carel skrywe toe 'n brief aan "Mej Sarah Nel, Kransfontein" en dit kom toe by die jong weduwee uit.  Hy vra onder andere hoe hulle deur die griep ge-affekteer is, waarop sy antwoord dat haar man in die griep dood is, asook haar broer Adriaan.  Hy het kom kuier en uiteindelik is hulle getroud in Betlehem.  Hulle vertrek toe na Duiwelskloof, maar Serah kon nie daar aanpas nie en word baie maer.  Na 'n jaar keer hulle terug na Kransfontein. Oom Carel begin toe werk saam met Richard Scott. Die winkel is begin in 1946 na 'n voorstel van Dirkie.  In 1970 het Gino di Mezza en Gertie die winkel gekoop by Oom Carel voordat hy oorlede is aan kanker en drie  hartaanvalle. Oom Carel het die huis gebou op Clarens waarin Gertie en Minnie nog woon. Die klip deel is voltooi in 1927 en die res in 1949. (www.karelnel.co.za/.../Nelvoorsate.doc)

Kinders:

i.1.  Hester Maria VAN SCHALKWYK, oorl. 1982? x Visagie.

i.2.  Serah VAN SCHALKWYK, geb. c. 1916 - dood aan bloedvergiftiging op 18.

i.3.  Philippus VAN SCHALKWYK, geb. 01/1919, oorl. 11/10/1920

i.4.  Dirkie Jacoba DE JAGER X Johannes Gerhardus van Graan.

i.5.  Catharina Johanna (Trientjie) DE JAGER.

i.6.  Pieter Chrisjan DE JAGER - op 18 jaar dood in 'n ongeluk op die Spoorweë op Bultfontein in Jul 1944.  Hy het die trok se trappiemisgespring en die trein het sy bene afgery.

i.7.  Carel Pieter DE JAGER

i.8.  Willem Stefanus Nel DE JAGER. Hy was sieklik. Is in 2005 dood in Sasolburg

i.9.  Stoffelina DE JAGER - 'n Baba  wat op 5 maande  dood is weens mantelvliesontsteking.

i.10.  Carel Pieter DE JAGER

i.11.  Abrahamina Jacoba (Minnie)  DE JAGER de Jager x Gino di Mezza

i.12.  Gertruida (Gertie) DE JAGER, geb. 04/09/1936. (Nooit getroud)